Wyn onttroon wiele as voorste passiebelegging
Elma Kloppers - Superryk versamelaars van beleggingsgraad-wyn het in 2016 só ingeklim dat wyn uiteindelik klassieke motors as die topvertoner in Knight Frank se indeks van luukse beleggings onttroon het.
Dié indeks, wat in Knight Frank se nuutste "Wealth Report 2017" gepubliseer word, sluit sogenaamde passiebeleggings in - onder meer wyn, klassieke motors, muntstukke, juweliersware, kuns, horlosies en seëls.
Wyn as belegging het verlede jaar flinke opbrengs van 24% op ’n jaargrondslag behaal, terwyl ’n belegging in van die gesogste klassieke motors ter wêreld groei van 9% op ’n jaargrondslag gelewer het.
Die vertoning van wyn is aangedryf deur buitengewone sterk groei in kernwyngebiede, veral in Bordeaux in Frankryk, wat die ruggraat vorm van die meeste beleggingskelders, sê Nick Martin van Wine Owners, wat die luukse wynindeks saamgestel het.
“In onlangse jare het die pryse van waardevolle wyne op veilings geleidelik opwaarts beweeg om in 2015-’16 ’n belegging in aandele te oortref,” sê Pontus Silfverstolpe, medestigter van Barnebys, die grootste veiling-soekenjin ter wêreld.
“Verlede jaar het ’n kis rooiwyn vir £211 000 verkoop, ’n veilingrekord.”
Vir die klassiekemotorbedryf was 2016 ’n jaar waarin die brieke ietwat aangedraai is, sê Dietrich Hatlapa, stigter van Historic Automobile Group International. Hy sê die jaarlikse groei van 9% is steeds betaamlik, maar gesien teen die totale groei van 151% oor vyf jaar, is dit duidelik dat die mark in ’n laer rat is.
Hy sê diegene wat in dié mark vir die geld belê het, het aanbeweeg.
“Die mark is nou meer in die hande van versamelaars en spesialiste.”
Martin sê ondanks die afswaai sal skaars motors in ’n uitmuntende toestand en met die regte herkoms, steeds die rekords laat spat. In Februarie verlede jaar het ’n 1957-Ferrari 335 S Spider Scaglietti die hoogste veilingsprys nóg van £24,7 miljoen behaal.
Van die ander passiebates in die luuksebeleggingsindeks het ook verlede jaar ’n paar rekordpryse op veilings behaal, selfs al was die oorhoofse vertoning relatief gedemp.
Die blinkste vertoning was dié van die Oppenheimer Blue-diamant van 14,62 karaat, wat deur Christie’s in Genève vir US$51 miljoen van die hand gesit is.
Die stewige vertonings van wyn, klassieke motors en juweliersware kon egter nie daarin slaag om die totale indeks vir luukse beleggings ’n hupstoot te gee nie. Dié indeks het in 2016 groei van slegs 2% op ’n jaargrondslag behaal, die swakste vertoning sedert die daling van 2% in 2009.
Die grootste bydraer tot die gedempte groei was kuns, wat met 14% op ’n jaargrondslag gedaal het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie