Wyn stroom SA ná droogte binne
Die verhoogde invoer is glo te wyte aan die feit dat daar minder wyn is om te verhandel en die markte te bedien.
Nellie Brand-Jonker – Wyn stroom Suid-Afrika binne nadat die afgelope drie jaar se droogte ’n tekort aan wyn vir die plaaslike mark geskep het.
Volgens die bedryfsliggaam Sawis het die invoer van wyn van die begin van die jaar tot einde Mei reeds 13,9 miljoen liter beloop, terwyl dit in 2018 vir die hele jaar 17,5 miljoen liter was.
Albei dié syfers is meer as wat in die vyf voorafgaande jare van 2013 af ingevoer is, toe net meer as 2 miljoen liter per jaar ingevoer is.
Normaalweg word vonkelwyn en verpakte stil en gefortifiseerde wyn ingevoer.
Die wyn wat nou die land instroom, is grootmaatwyn.
Volgens Sawis het dit verlede jaar hoofsaaklik van Argentinië gekom, en vanjaar van Spanje en ook Argentinië.
“Vanaf 2018 se kleiner oes is daar minder wyn om te verhandel en die markte te bedien. Vandaar die verhoogde invoer van grootmaatwyn,” sê ’n woordvoerder van Sawis.
Hoewel dit baie meer is as wat normaalweg ingevoer word, is dit nog min vergeleke met die totale plaaslike verkope.
Net in Mei is 29,2 miljoen liter wyn in die binnelandse mark verkoop.
Sawis se syfers toon vir die jaar tot einde Mei is 383,7 miljoen liter in die binnelandse mark verkoop. Dit is byna 4% laer as die vorige jaar.
Vinpro het in Januarie vanjaar op sy inligtingsdag gesê die droogte van drie jaar lank in die Wes-Kaap gaan vanjaar steeds ’n invloed op die wynoes hê, en die verwagting is dat die oes klein gaan wees. Die droogte het veroorsaak dat 2018 se oes die kleinste sedert 2005 was.
Vinpro het onlangs bevestig dat die oes van 2019 effens kleiner as 2018 is.
Distell het in Maart gesê hy het seker gemaak hy het genoeg wyn vanjaar ná die droogte beskikbaar, en dat ’n bietjie wyn ingevoer is en hoër pryse verlede jaar aan produsente betaal is om seker te maak hulle kry genoeg wyn. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie