Wyndruifoes van 2019 sal kleiner wees
Wyndruifoes van 2019 sal kleiner wees

Wyndruifoes van 2019 sal kleiner wees

Volgens ’n kenner is druiwetrosse en korrels vanjaar kleiner en ligter as normaalweg.
Met sowat twee derdes van die 2019-wyndruifoes reeds in die kelders, dui die mees onlangse beraming daarop dat die oes vanjaar ietwat kleiner sal wees.

Volgens die Suid-Afrikaanse Wynbedryfinligting en -stelsels (Sawis) se jongste opname onder produsentekelders en Vinpro-wingerdboukundiges kan die 2019-wyndruifoes in hierdie stadium kleiner wees as in 2018 – ’n oesjaar waarin die nagevolge van ’n drie jaar lange droogte in die Wes-Kaap die ergste gevoel is.

Francois Viljoen, bestuurder van Vinpro se wingerdboukundige konsultasiediens, sê die druiwetrosse en korrels is vanjaar kleiner en ligter as normaalweg.

Dié tendens word hoofsaaklik toegeskryf aan ongunstige weerstoestande tydens die tydperk van blom en vrugontwikkeling in Oktober en November, asook bogemiddelde wind wat in die vroeë somer ervaar is, sê Viljoen.

Heelwat wingerde, veral droëlandwingerde, het nog nie heeltemal herstel van die invloed van die afgelope drie jaar se droogte nie, terwyl die droogte in die Klein-Karoo voortduur.

Volgens Viljoen het die reën wat in Maart in streke in die Wes-Kaap voorgekom het, tot verliese weens vrot by sekere wyndruifverbouingstreke en plase bygedra.

Die Noord-Kaap se weerstoestande was tot dusver meer matig en normale oeste word hier verwag.

Die amptelike wynoesverslag vir 2019 word op 7 Mei uitgereik. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!