Wynoes dalk steeds kleiner as vorige 5 jaar su2019n
Wynoes dalk steeds kleiner as vorige 5 jaar su2019n

Wynoes dalk steeds kleiner as vorige 5 jaar s’n

Genoeg water kan help dat die wyndruifoes vir 2020 na verwagting ietwat groter as verlede jaar kan wees, maar steeds kleiner as die gemiddelde oes die afgelope vyf jaar.

Volgens die wynbedryf se inligtingsorganisasie, Sawis, het wynboere in 2019 ’n oes van 1,2 miljoen ton gelewer. Dit was kleiner as die afgelope vyf jaar se gemiddelde oes van 1,3 miljoen ton.

Die jongste oesskatting is saamgestel uit inligting wat middel Januarie van wingerdboukundiges en kelders ontvang is. Dit is die tweede oesskatting vir die seisoen.

Conrad Schutte, bestuurder van Vinpro se wingerdboukunde-konsultasiediens, sê die parsseisoen het meestal ’n week vroeër begin.

’n Verskeidenheid klimaatsfaktore beïnvloed die oesskatting.

“Blom en set was oor die algemeen goed en beter as wat ons in die vorige seisoen gesien het. Genoeg water en hitte het wingerdgroei bevorder,” sê Schutte luidens ’n verklaring. “Die wingerde se lowers is daartoe in staat om ’n goeie oes ryp te maak.”

Produsente het vanjaar meer water beskikbaar as in die vorige seisoen, dus kan besproeiing gedurende die rypwording toegepas word indien nodig.

“Ons sien in die kelders wat reeds begin pars het, dat hulle goeie tonnemaat afgehaal het,” sê Schutte.

Hy raai produsente aan om baie tyd gedurende parstyd in die wingerd te bestee om die grondwaterinhoud te monitor sodat water doeltreffend toegedien word.”

Schutte sê hoewel dinge in hierdie stadium rooskleuriger lyk vir die meeste streke, het die Noord-Kaap rypskade ondervind, terwyl die Olifantsrivierstreek steeds herstel na die vorige jare se droogte.

Hy sê ook dele van die Klein-Karoo gaan nog gebuk onder ’n droogte. In hierdie streke word ’n ondergemiddelde oes verwag. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!