Wynoes kleinste in 14 jaar, maar smaaklik
Wynoes kleinste in 14 jaar, maar smaaklik

Wynoes kleinste in 14 jaar, maar smaaklik

William Horne – Die Suid-Afrikaanse wynbedryf het in 2019 die kleinste oes sedert 2005, van net meer as 1,2 miljoen ton, behaal.

Dis 1,4% laer as in 2018, wat sélf ’n klein oes was, volgens syfers wat die Suid-Afrikaanse Wynbedryfinligting en -stelsels verlede week uitgereik het.

Wynmakers is darem positief oor die gehalte van vanjaar se oes.

Die klein oes is die nagevolge van die jare lange droogte in die Wes- en Noord-Kaap en wisselvallige weerstoestande die afgelope seisoen.

“Dit was ? uitdagende jaar vir ons wyndruifprodusente en kelders. ’n Afname in die wyndruifoppervlak en onreëlmatige weerstoestande het tot die kleiner oes bygedra,” sê Francois Viljoen, wingerdboukundige konsultasiediensbestuurder van die bedryfsliggaam Vinpro. Vinpro verteenwoordig 2 500 Suid-Afrikaanse wyndruifprodusente, kelders en wynverwante ondernemings landwyd.

Hoewel die meeste streke goeie reënval ontvang het, sê Vinpro die drie jaar lange droogte se skade gaan lank neem om te herstel.

“Die na-oesperiode was steeds droog, wat beteken heelwat produsente kon nie noodsaaklike na-oesbesproeiing toepas nie.

“Blare het dus vroeg afgeval en wingerde kon nie die nodige reserwes opbou om hulle deur die seisoen te dra nie, wat op sy beurt ’n uitwerking op korrelset en -groei gehad het,” sê Viljoen.

Baie korrels het klein en onreëlmatig gegroei, maar daar was wel uitsonderings. Die Noord-Kaap, Swartland, Paarl en Worcester het wel groter oeste as verlede jaar geproduseer. Ongelukkig kom die oes ná ’n verwoestende 2018 waarin daar groot verliese gely is.

Breedekloof en die Kaapse suidkus se opbrengste was ietwat kleiner, in lyn met die gemiddeld. Robertson en Stellenbosch het ook kleiner oeste gerealiseer, maar die Olifantsrivier- en Klein Karoo-streke is vir die tweede agtereenvolgende jaar die hardste deur die droogte getref.

Met so ’n beduidende verlaging in die voorraad van wyndruiwe vanjaar kan verbruikers verwag dat wynpryse gemiddeld sal aanhou styg in 2019.

Vinpro sê 2019-wyne sal na verwagting van uitstekende gehalte wees.

“Dis oor die algemeen gekenmerk deur goeie suur, suiker en elegansie, wat sprekend is van goeie gehalte.”

Volgens Viljoen het die kleiner wyndruifkorrels wat deurslaggewend is vanjaar ook ’n groter geurkonsentrasie.

Die 2019 wynoes sal na verwagting 951,8 miljoen liter beloop, teen ’n gemiddelde verhaling van 777 liter per ton druiwe.

Suid-Afrika is die agtste grootste wynprodusent ter wêreld en produseer ongeveer 4% van die wêreld se wyn. Die wynbedryf dra sowat R36 miljard tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) by en neem nagenoeg 290 000 mense in diens. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!