Wyse woorde vir Afrika
Namibië se voormalige president het noodsaaklike strategieë vir die toekoms by ’n byeenkoms van die Afrika-unie bespreek.
Augetto Graig - Afrika se hoop op vrede en veiligheid hang af van verskeie faktore.
Dit sluit in die betrokkenheid van vroue, eenheid in die poging om die Verenigde Nasies (VN) se veiligheidsraad te hervorm, die hervorming van internasionale finansiële instansies se leierskap, die versterking van vriendskaps- en handelsbande tussen Afrikalande, en die aanmoediging van demokratiese verkiesings.
Oudpresident Hifikepunye Pohamba het dié week die Afrika-unie (AU) by ’n hoëvlakbyeenkoms vir die bevordering van vrede, veiligheid en stabiliteit op die vasteland toegespreek.
Hy dien as voorsitter op die AU se paneel van wyses.
Volgens Pohamba moet Afrikalande waak teen nasionalistiese chauvinisme en ekonomiese proteksionisme.
“Ons moet verseker die nuwe wêreldorde word nie bloot ’n nuwe weergawe van dieselfde ou patrone van oorheersing van die sterkes oor die swakkes, en die rykes oor die arm lande, of die ontginning van natuurlike hulpbronne van die ontwikkelende lande deur die ontwikkelde wêreld nie,” het hy gesê.
Pohamba het gesê die VN moet die middelpunt van wêreldbestuur bly, maar Afrika moet meer bydra tot die herlewing, herstrukturering en demokratisering van die VN-stelsel.
“Afrika moet volhard in sy geldige eis om ’n sterk stem by die hoogste internasionale veiligheidsargitektuur te hê - permanente setels in ’n hervormde VN-Veiligheidsraad.
“Afrika moenie tegemoetkomend oor hierdie kwessie wees nie. Die historiese onreg teen Afrika mag nie meer voortgaan nie,” het Namibië se tweede president gesê.
Wat die vasteland se doelwit betref om oorlog in Afrika teen 2020 uit te wis, het Pohamba gesê dis belangrik om vroue meer daarby te betrek.
“Vroue is nie bloot slagoffers van konflik nie. Ervaring het getoon hulle kan agente van vrede wees wanneer hulle ten volle betrokke is by bemiddeling, konflikbestuur en –oplossing,” het hy gesê.
Pohamba het gesê Afrika behoort ’n sterk voorstander van en aktiewe rolspeler in die hervorming van bestuurstrukture van internasionale finansiële instellings te wees - veral van die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds “wat tot dusver deur ontwikkelde lande oorheers word”.
“Ons moet probeer verseker die Wêreldhandelsorganisasie kan ’n stelsel skep wat werklik oop, deursigtig, multilateraal en voordelig vir alle lande is,” het Pohamba gesê.
Volgens hom is dit bemoedigend om te sien dat die balans van ekonomiese en politieke mag in die wêreld aansienlik verander het ten gunste van opkomende ekonomieë.
Die oudpresident glo Suid-Suid-samewerking moet op grond van kollektiewe selfstandigheid versterk word.
“Noord-Suid-samewerking met politieke voorwaardes vir ontwikkelingshulp en ekonomiese samewerking kan nie meer aanvaar word nie,” sê hy.
Afrika moet pogings verdubbel om lande te help om politieke oplossings te vind, het Pohamba gesê.
“Afrika moet vertroue in die integriteit van verkiesingsprosesse inboesem. ’n Deursigtige en inklusiewe verkiesingsproses sal ’n regverdige uitkoms hê wat aanvaarbaar is vir die wenner en die verloorder. Verkiesings moenie ’n bron van spanning en geweld wees nie - eerder ’n geleentheid vir die vrye uitdrukking van die politieke wil van die mense.
“Ons moet dus almal voorkeur gee aan demokratiese regering en ons moet respek vir menseregte hê,” het hy gesê.
Volgens Pohamba is die groot uitdaging vir Afrika armoede en nie-inklusiewe ekonomiese groei, wat ernstige implikasies vir veiligheid op die vasteland het.
“Die behoefte aan werkskepping, veral vir die jeug, en die uitbreiding van ekonomiese groei, sowel as waardetoevoeging, is ander uitdagings van die vasteland,” het hy gesê.
Laastens het Pohamba weer eens Namibië se steun aan die onafhanklikheid van westelike Sahara benadruk.
“Die Afrika-unie moet standvastig bly in sy oortuiging dat die mense van westelike Sahara besef hul onvervreembare reg op selfbeskikking is noodsaaklik vir vrede en veiligheid op die vasteland,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie