Wysigings aan onderwyswetgewing
JA ROSSOUW SKRYF:
Die “nuwe” onderwyswetgewing in die parlement onder bespreking is sedert 2015 in die pyplyn. Sien die Republikein van 14 Julie 2015.
Ek haal die huidige minister van onderwys, kuns en kultuur aan:
“Die Wet op Onderwys (Wet 16 van 2001) moet 'n dokument van en vir mense wees, 'n lewende dokument wat onderwys weerspieël.
“As 'n ministerie sal ons ouers, onderwysers, leerlinge, vakbonde, die private sektor en akademici raad vra om te verseker dat ons nuwe wet 'n bloudruk vir gehalte onderwys daar stel. Ons moet vir Namibië 'n voorsprong vir haar kinders en jongmense gee.
“Ons is 'n nasie van diverse kulturele groepe en ons waardeer, integreer en bewaar tale. Daar is ook 'n duidelike verskil in die voortuitgang van 'n kind wat onderrig in die moedertaal ontvang het teenoor onderrig wat vir die leerling in 'n vreemde taal aangebied is.”
'n Mens sou met reg verwag dat die beginsels hierbo aangehaal, die beginsels sou wees wat in die nuwe wetgewing beliggaam sou word.
Sedertdien het meer as drie jaar verloop en het onderwys in 'n put beland. Van die ernstigste probleme wat dringend opgelos moet word, is:
• Behoorlike beplanning en begroting
• Gratis onderwys
• Skoolverlaters
• Seksonderrig en tienerswangerskappe in ons skole
• Werkloosheid van studente en skoolverlaters
• Geweld/veiligheid by ons skole en koshuise
• Gebrek aan aanspreeklikheid, toesig en dissipline
• Agterstand van onderwys teenoor die Ooste en Europa
• Agterstand in onderwysopleiding
• Agterstand om voldoende skole en koshuise op te rig en bestaande geboue instand te hou
• Om godsdiens en Bybelkunde in skole terug te bring.
Van ons plaaslike koerante berig as volg oor beoogde nuwe wetgewing vir die onderwys:
“Government gets tough with principals, teachers” (Namibian, 19 September 2018)
“Chaos erupts in parliament over Education Bill” (New Era, 11 Oktober 2018)
“I Know who the spies are” (Namibian Sun, 12 Oktober 2019)
“Opposition calls Education Bill 'rubbish'” (Observer, 12 Oktober 2018)
“Nuwe wetgewing op onderwys 'drakonies'” (Republikein, 15 Oktober 2018)
Afgesien van die persoonlike aanval op mnr. Nico Smit, 'n PDM-parlementslid wat in 'n Engelsstalige koerant as “the flak (lugafweervuur) from Swapo parliamentarians” beskryf is, het die agbare minister ook 'n neerhalende opmerking oor Bantoe-onderwys gemaak.
Graag wil ek haar op die volgende wys:
Met die nuwe wetgewing word daar nie beoog om die wetgewing oor Bantoe-onderwys te vervang nie, maar die Onderwyswet (No. 16 van 2001).
Toe Namibië onafhanklik geword het, was Bantoe-onderwys reeds deur die KOD-leerplanne, handboeke en eksamens vervang. Die Namibiese regering het nie die Bantoe-onderwys wetgewing van Suid-Afrika gekry of geïmplimenteer nie. Dit word gerieflikheidshalwe vergeet.
Kan die agbare minister verduidelik hoe 'n plattelandse skool, soos Cornelius Goreseb, wat ook deel van die “drakoniese Bantoe-onderwysstelsel” was verskeie mediese dokters voor onafhanklikheidswording opgelewer het, maar geen dokters na die Onderwyswet van 2001 ingevoer is nie? Ek kry op weeksdae vier koerante en het reeds meer as tweehonderd artikels oor die huidige stand van onderwys in Namibië versamel. Hieruit is dit duidelik dat die onderwys in Namibië bekwame leiers met die nodige ondervinding, insig en toewyding dringend nodig het.
Die huidige stand van die onderwys word onder andere gesien as:
“Education Journey Without Destination” - Naftal T N Wizzy, 20 Januarie 2017
“Bantu education was better” - Gen. Charles Namoloh, The Namibian, 22 Oktober 2010
“Meer soldate as onderwysers, 25% soldate teenoor 19% onderwysers", Republikein, 10 Maart 2017
“Sub-Sahara-lande behaal nie onderwysdoelwitte – meer as 30 miljoen nog nooit op 'n skoolbank”, Republikein, 9 April 2015 – mens kan net wonder wat die geval in Namibië is. . .
“Swapo's biggest failure”, The Namibian, 23 Februarie 2018
“Onderwys sneuwel", Republikein, 24 November 2017
“We are failing our children and our nation”, Republikein, 16 Julie 2018
“Help onderwys uit die put”, Republikein, 14 November 2017
“Big Five, Challenges in School Education - Rudolph Kamerika, 24 Augustus 2018
“African education is 70 years behind Asia, Europe - report”, The Namibian, 21 Desember 2016
“A critical reflection on education in Namibia. . . 27 years after independence” - Dr. M Kudumo (Director of International Relations – NUST), Patriot, 9 Maart 2018
Behalwe hierdie artikels en briewe is daar meer as 100 wat spesifieke gebreke in ons huidige onderwysstelsel uitwys, wat 28 jaar na onafhanklikwording nog nie aangespreek is nie. Dis makliker om hierdie probleme aan die spreekwoordelike groot klok, Bantoe-onderwys, op te hang as om die probleme te aanvaar en hulle self aan te spreek.
In briewe wat volg, gaan ek hierdie tekortkominge uitwys.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie