X-Ride ietwat korter, maar ewe astrant
Bergfietsry
Tielman van Lill - Hollard is vanjaar met mening as hoofborg terug vir die 2019 Hollard Gravel & Dirt-marathonbergfietsreeks wat uit agt byeenkomste bestaan en onder die vaandel van die Namibiese Fietsryfederasie gehou word.
Geswore bergfietsentoesiaste sal op 23 Maart om 08:00 by die Oanabdam wes van Rehoboth vir hul eerste kompetisie, die MTB X-Ride, kan aantree.
Verlede jaar het Xavier Papo en Michelle Döman die 109 kilometer in die elite afdeling vir mans en vroue ingepalm en dit sal interessant wees om te sien of dieselfde duo vanjaar weer boaan die podium gaan staan.
Die 109 km-roete het in 2018 vanaf die Koperberg na die Oanobdam gekronkel. In die elite afdeling het Papo die afstand in 3 ure 29 minute 02 sekondes voltooi met Denzel de Koe 3:29:03 (tweede) en Ruan van Staden derde in 3:40:02.
Algeheel was Papo se tyd die beste, gevolg deur De Koe, die subveteraan Pierre Knoetze in 3:32:43 (derde) en die veterane Clinton Hilfiker 3:32:44 (vierde) en Mannie Heymans 3:35:59 (vyfde).
By die vroue was Döman algeheel eerste (4:10:08) gevolg deur die veterane Johanita de Waal (4:26:05, tweede), Lonel Smith (4:26:29, derde), Petra Compion (4:31:42, vierde) en die subveteraan Rossi Hennes (4:31:58, vyfde).
Hoewel die organiseerders besluit het om die roete vanjaar te verkort, is die uitdaging in die koppies by Oanab vol streke, waar ryers hul beste voet sal moet voorsit.
Inskrywings vir die 71 km en 41 km roetes beloop N$350, terwyl kinders vir die 12 km of 23 km ritte N$100 sal betaal. Die inskrywingsgeld sluit kostelose toegang by die oord in en deelnemers kan agterna vir ’n gratis massering en twee drankies by die kroeg aandoen.
Inskrywings vir die MTB X-Ride by die Oanabdam sluit om 12:00 op Saterdag 16 Maart. Deelnemers kan vanaf 16:00 tot 18:00 op 20 Maart by die vertoonlokaal van Kia Motors in Windhoek registreer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie