Xavier Masule bedank by Air Namibia
Air Namibia se hoofbestuurder van kommersiële dienste, mnr. Xavier Masule, het bedank.
Die redery sê in ‘n verklaring wat pas uitgereik is, hy sal nog tot 10 April in diens van die nasionale redery wees.
Masule het van Maart verlede jaar tot middel Februarie vanjaar as hoof uitvoerende beampte waargeneem, waarna hy uit dié pos bedank het.
Hy het hom in 1998 vir die eerste keer by die redery aangesluit. In 2002 het hy Air Namibia verlaat, maar het weer in 2004 teruggekeer, wat beteken hy het vir 20 jaar by die redery gewerk.
Die nasionale lugredery het drie weke gelede drie van sy bestuurders met onmiddellike effek geskors.
Hulle is mnre. Wimpie van Vuuren (senior bestuurder: verkope en bemarking), Johannes Blaauw (bestuurder: vragverkope) en Abraham Nasab (bestuurder: vragbedrywighede).
Die lugredery sê in ’n verklaring die skorsings sal die maatskappy in staat stel om hangende ondersoeke af te handel.
Volgens Air Namibia mag daar geen kommunikasie tussen die geskorste bestuurders en personeel wees nie om inmenging met die ondersoeke te voorkom.
Air Namibia sal in ooreenstemming met die lugredery se dissiplinêre beleid en sy bestuursprosedures geen verdere inligting bekend maak nie.
Mnr. Elia Erastus, Air Namibia se waarnemende uitvoerende hoof, het intussen ’n beroep op alle personeel gedoen om maatskappyreëls en -prosedures te gehoorsaam en in die beste belang van die redery op te tree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie