Ya Nangoloh sê oor sy openbare verskoning aan Nujoma
Ronelle Rademeyer - Die uitvoerende direkteur van Namrigts, mnr. Phil ya Nangoloh (foto), sê sy openbare verskoning aan die vader van die nasie, oudpres. Sam Nujoma, is wyd deur die gedrukte en elektroniese media berig.
Hy sê in ’n verklaring aan Swapo se sekretaris-generaal, me. Sophia Shaningwa, hy is “diep daarvan oortuig” dat sy openbare verskoning die nodige morele, sosiale en wetlike vereistes van die Swapo-party en sy Politburo nakom.
Shaningwa het op 1 November tydens ’n nuuskonferensie ’n openbare verskoning deur dié menseregte-aktivis as vereiste gestel vir haar ondertekening van sy partylidmaatskapskaart.
Hy sê in ’n verklaring wat Donderdagaand uitgereik is hy sien daarna uit om as ’n Swapo-lid met ’n lidmaatskapskaart ten nouste met haar en die ander lede van die party saam te werk om ’n reusesukses van dié party se doelwitte en oogmerke te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie