Ya Nangoloh verloor stryd om veteranestatus
Ya Nangoloh verloor stryd om veteranestatus

Ya Nangoloh verloor stryd om veteranestatus

Die menseregte-aktivis sê die Veteraneraad het sy plig versuim toe dit 'n "politiek-gedrewe" besluit geneem het.
Catherine Sasman
font face="Verdana" >

Catherine Sasman - 'n Aansoek wat die beslissing van die Veterane-appèlraad uitgedaag het, is verlede Woensdag deur hoërhofregter Harald Geier van die rol geskrap.

Die uitvoerende direkteur van NamRights, mnr. Phil ya Nangoloh, het 'n aansoek in Mei 2018 by die hoërhof ingedien in 'n poging om die besluit van die Veterane-appèlraad om te keer ná sy aansoek om veteranestatus nie goedgekeur is nie.

Die Veterane-appèlraad het saam met die Veteraneraad in Maart 2017 gestem dat Ya Nangoloh se aansoek om as veteraan in die vryheidstryd erken te word, van die hand gewys word.

Die Veteraneraad het gemeen Ya Nangoloh het die vryheidstryd verlaat toe hy in 1980 geweier het om na Swapo terug te keer en dat hy na bewering nie daarin kon slaag om sy doen en late tussen 1980 en 1986 te verduidelik nie.

Die Veteranewet van 2008 definieer 'n veteraan as iemand wat lid is van die "bevrydingsmagte" en tot die datum van onafhanklikheid "konsekwent en deurentyd aan enige politieke, diplomatieke of ondergrondse aktiwiteite in die bevrydingstryd deelgeneem het".

Die wet bepaal verder diegene wat hul deelname aan die bevrydingstryd gestaak het, of wat as “drosters” beskou word, word nie as veterane van die bevrydingstryd erken nie.

“Hy (Ya Nangoloh) het op sy eie afgedwaal, wat as dros beskou word. Daarom word hy nie aanbeveel nie,” het die Veteraneraad beslis.

Ya Nangoloh het gesê hy het van Swapo “gevlug” omdat hy vir sy lewe gevrees het ná 'n aantal doodsdreigemente en "verskeie waarskuwingstekens" nadat hy met Andreas Shipanga verbind is, wat die voormalige Swapo-D gestig het ná 'n uitval met die Swapo-leierskap in ballingskap.

YA NANGOLOH SE APPèL

Ya Nangoloh het in sy hofaansoek aangevoer die Veterenae-appèlraad het versuim om die Namibiese nasie as regmatige eienaar en bewaarder van die bevrydingstryd te erken, en nie 'n individuele party, Swapo, in hierdie geval nie.

Hy het aangevoer die appèlraad het volgens wet gefouteer deur die bevrydingstryd met Swapo te vergelyk, of Swapo met alle Namibiërs te vergelyk.

Hy het gesê om Swapo te verlaat, beteken nie hy het die vryheidstryd verlaat nie.

Ya Nangoloh het gesê ná hy 'n “redelike vrees vir werklike, arbitrêre of buitegeregtelike teregstelling” ontwikkel het op grond van sy oënskynlike verbintenis met die sogenaamde Shipanga-rebellie, het hy in 1980 die “voorkomende” besluit geneem om Swapo te verlaat.

Hy het gesê die enigste opsie vir hom om sy lewe te red, was om te vlug, en om nie na Swapo in Zambië of Angola terug te keer waar baie mede-Plan- of ander Swapo-lede onderwerp was aan arbitrêre of onomwonde teregstellings, langdurige aanhouding sonder verhore, marteling of ander ander onmenslike behandeling en gedwonge verdwynings nie.

Ya Nangoloh het gesê die appèlraad was dit eens dat die Veteraneraad se “politiek-gedrewe, arbitrêre en onredelike beslissing" wat meen "vlug vir jou lewe, bedank of dros van Swapo" outomaties beteken 'n "afwesigheid of gebrek aan deurlopende deelname” aan die vryheidstryd.

Hy het gesê om Shipanga te help, wat hy as 'n persoonlike vriend beskou, beteken nie hy is of was ten gunste van kolonialisme, rassisme en apartheid nie, of dat hy teen Namibië se vryheidstryd was nie.

Ya Nangoloh het gesê hy was 'n voltydse student by die New York Institute of Technology tussen 1981 en 1986, waar hy elektriese ingenieurswese studeer het.

Hy sê toe hy teruggekom het Namibië toe was hy 'n aktiewe amptenaar van Namibië se Ouerkomitee en het hy deurentyd en deurlopend aan die politieke stryd deelgeneem en veldtogte van stapel gestuur vir die bevryding van politieke gevangenes van beide apartheid Suid-Afrika en diegene in Swapo-ballingskap.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!