Yaris Pulse jaag die adrenalien op

Dirk Gallowitz
Dirk Gallowitz - Toyota het onlangs sy opgekikkerde Yaris Pulse plaaslik bekend gestel.

Die nuwe Yaris het in Maart vanjaar sy buiging gemaak op die Geneefse Motorskou en het in werklikheid net 'n mooimaaksessie ondergaan en is nie werklik 'n nuwe model nie.

Tog is daar heelwat ­veranderinge en verbeterings aangebring wat die Yaris Pulse 'n varser en moderner voorkoms en binneruim gee.

Die voorkoms is visueel treffend met 'n groot, diep, swartgeverfde, uurglasvormige sierrooster wat die neus domineer.

Daar is 'n nuut-ontwerpte voorste buffer en hoofligte, asook verti­kale luginlate weerskante wat elk met strepie- LED liggies afgewerk is.

Agter vertoon die klein Yaris ook veel sportiewer met 'n nuut-ontwerpte agterklap, lighulse en buffer.

Kopers kan ook nou kies tussen meer kleurafwerkings met kleure soos Glacier White, Satin Silver Metallic en Cosmic Blue.

Daar is selfs wat Toyota noem “bi-tones”, wat met 'n swart geverfde dak gekombineer word en wat Pearl White 2-Tone, Grey 2-Tone en Cinnabar Red 2-Tone insluit.

Binne vertoon die kajuit varser met nuwe kleure vir die bekleedsel, asook swart en grys skakerings vir die panele.

Die Yaris Pulse Plus CVT kry egter blinkswart afwerking op die instrumentpaneel en stuurwiel, terwyl daar ook blink afwerking om die skakelaars is.

Voor in die middel van die instrumentpaneel is daar nou 'n kleurraakskerm waarop die radioklankstelsel, lugversorging, slimfoonkoppeling asook die satellietnavigasiestelsel (sou jou model daarmee toegerus wees) verstel kan word.



meer krag

Dit is egter onder die enjinkap waar Toyota die grootste verandering gemaak het.

Weg is die ou 1.3 liter-petrolenjin met 'n nuwe 1.5 liter VVT-iE-petrolenjin wat sy buiging maak. Die nuwe enjin lewer tot 12% meer krag, maar teen beter brandstofverbruik en laer skadelike uitlaatgasse as die uitgaande 1.3 liter-kragbron.

Aandrywing is deur die voorwiele met 'n sesgang-handratkas of via 'n CVT-outokas met ratspane agter die stuurwiel. Die 0-100 lopie neem 11 sekondes in 1.5 handratmodel en 11.2 sekondes met die CVT.

Die Yaris Pulse-reeks bied 'n intree 1.0 liter-petrolmodel wat slegs met 'n handratkas beskikbaar is, twee 1.5 liter-modelle beskikbaar in handrat of CVT met 'n Pulse Plus luukser model wat slegs met CVT toegerus is. Verder bied die nuwe Yaris Plus ook 'n hibriede model.

Tydens die bekendstelling het ons net met die Yaris Pulse 1.5-handrat en Pulse Plus CVT gery en was beïndruk met goeie padgedrag en gemaklike hantering.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!