Yoshi swem nou langs Angolese kus
Yoshi swem nou langs Angolese kus

Yoshi swem nou langs Angolese kus

Die koningin van die Twee Oseane Akwarium, Yoshi die karetskilpad, het al meer as 3 600 km geswem nadat sy verlede jaar vrygelaat is.

Dié liefling wat miljoene besoekers by die akwarium verwelkom het, was maar so groot soos ’n bord toe sy in 1997 daar aangekom het.

Op 16 Desember verlede jaar is sy 27 seemyl suidwes van Houtbaai vrygelaat en sedertdien volg kenners haar per satelliet.

Met haar vrylating het sy 183 kg geweeg en omdat haar gesondheid goed is en ’n karetskilpad tussen 80 en 100 jaar kan leef, lê daar nog ’n lang lewe vir haar voor.

Volgens die akwarium, wat ’n klein satellietsender op haar rug vasgemaak het, is Yoshi tans noord van die verlate “Ghost Island” in die suide van Angola. Sy swem elke dag sowat 29,4 km. Sy is sowat 10 km wes van dié kuslyn. Hulle het al 4 900 seine van haar sender via die satelliet ontvang. Elke keer wanneer Yoshi opkom om asem te haal kan hulle ’n sein van haar kry, dit is tussen 20 en 40 keer per dag.

Die kenners by die akwarium sê hulle is tevrede met die manier waarop sy aangepas het.

Renée Leeuwner, woordvoerder, sê hulle is nie seker waarheen sy op pad is nie, maar dit lyk of sy gaan waar die kos is.

Daar is ’n groot bevolking karetskilpaaie wat op die Kaap Verdiese Eilande eiers lê.

Karetskilpaaie is alleenlopers en sluit net by mekaar aan om te paar wanneer die wyfies gaan eiers lê, sê Leeuwner.

Karetskilpaaie kom in al die oseane voor en Yoshi kan besluit om na enige plek te gaan waar daar broeiplekke is. Gewoonlik keer hulle terug na dieselfde strand waarop hulle self uitgebroei het.

Die wyfies gebruik die aarde se magneetveld om te navigeer om weer daar uit te kom. Die mannetjies verlaat nooit die see nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!