Young Africa, ’n helpende hand op Otjiwarongo
Octavia Tsibes
Young Africa (YA) is ’n plaaslike nieregeringsorganisasie in Afrika wat homself beywer vir die ontwikkeling van minderbevoorregte jongmense. Hulle bemagtig die jeug deur hulle op te lei in praktiese vaardighede en moedig studente aan om ’n goeie lewe vir hulself te skep deur verskeie projekte wat ’n inkomste kan voortbring.
“Young Africa het ’n unieke metode. Ons vestig ’n multivaardigheidsopleidingsfasiliteit wat innoverend is en gerepliseer kan word. Die sentrum se verskillende afdelings funksioneer onafhanklik van mekaar. Hulle lei studente op en betrek hulle by die vervaardigingsproses.”
Studente word opgelei terwyl ’n entrepreneur hul besighede bestuur.
Dié model is volhoubaar en nie net afhanklik van eksterne finansiering nie. ’n Wye verskeidenheid beroepe word met persoonlike ontwikkeling en besigheidsvaardighede aangevul,” sê me. Yvette Bellens, direkteur van YA Namibië.
Met projekte in Zimbabwe (1998) en Mosambiek (2006) het YA in 2011 na Namibië uitgebrei met die registrasie van die Young Africa Namibië-trust.
Mnr. Dirk Bellens en Yvette, voormalige projekkoördineerders en kapasiteitsbouers by YA Zimbabwe, is aan die stuur van sake.
Kursusse in sonkragtegnologie het in 2014 in Walvisbaai afgeskop en is sedertdien na Otjiwarongo uitgebrei. Young Africa International het nou ook na Zambië en Botswana uitgebrei.
"Met die ondersteuning van die Finse ambassade se fonds vir plaaslike samewerking in Namibië, het Young Africa 'n groen vaardigheids- en demonstrasiesentrum op Otjiwarongo gestig om die kennis en gebruik van groen bou-tegnologie in Namibië te bevorder.
“In hierdie sentrum word jongmense wat akademiese en/of finansiële uitgedagings ervaar, opgelei as geskoolde vakmanne in groen boutegnologie. Bykomende lesse in lewensvaardighede en entrepreneurskap maak hulle onafhanklike, ekonomies produktiewe, selfstandige, verantwoordelike en waardige lede van die samelewing.
“Die publiek kan die sentrum besoek om te leer oor groen boutegnologieë, en kan bestellings vir goedere en dienste plaas. 'n Netwerk van geskoolde ambagsmanne wat deur YA opgelei word, sal die bevordering van en toegang tot groen boutegnologie landswyd versprei," het Bellens gesê.
Werk op Otjiwarongo
"Young Africa het die gaping en behoefte aan die bevordering van inklusiewe groen ekonomieë gesien wat verantwoordelike entrepreneursaktiwiteite en behoorlike werk kan skep. Ons beoog om groen boutegnologieë verder by ons vaardigheidsentrum op Otjiwarongo te bevorder.
“Beroepsopleiding en klein ondernemings in groen boutegnologie sal minderbevoorregte jongmense en klein entrepreneurs toelaat om deel te neem aan en voordeel te trek uit ekonomiese geleenthede.
“Ekonomiese produktiwiteit en indiensneming in groen boutegnologie-ondernemings sal toeneem, tesame met sosio-ekonomiese ontwikkeling deur verhoogde bewustheid en toeganklikheid van volhoubare energie en hulpbronbenutting," het Bellens bygevoeg.
Hulle het in 2015 met hul projek op Otjiwarongo begin. Dit was met een kursus in sonkragtegnologie.
Hulle het die plek opgeknap, 'n demonstrasiesentrum en groen geboue gebou. Tot dusver het Young Africa nagenoeg 70 jongmense opgelei.
Hulle het hierdie franchise-model baie voordelig vir hul studente sowel as vir die opleier of entrepreneur gevind, aangesien dit groot potensiaal het om te groei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie