YouTube wil pedofiele só hokslaan
Adverteerders het begin om die platform die rug toe te keer oor vermeende pedofiele wat in die kommentaarvelde onder aan hierdie soort video’s uithang.
Petrus Malherbe – YouTube het besluit om die kommentaarveld onderaan alle video’s waarin minderjarige kinders verskyn, te sluit.
Dié stap volg nadat adverteerders begin het om die platform die rug toe te keer oor vermeende pedofiele wat in die kommentaarvelde onder aan hierdie soort video’s uithang en kommentaar lewer.
Die YouTuber MattsWhatItIs het in Februarie vir groot opslae gesorg toe hy in ’n video breedvoerig verduidelik het hoe pedofiele die kommentaarveld van video’s gebruik om met mekaar te kommunikeer.
Die BBC het ook reeds in 2017 melding gemaak van pedofiele wat onvanpaste en eksplisiete kommentaar onderaan video’s maak.
Dit sluit seksueel eksplisiete kommentaar oor die kinders in die video’s in.
MattsWhatItIs het ook bevind dat pedofiele die kommentaarveld misbruik om inhoud wat dalk vir ander pedofiele “interessant” kan wees, uit te wys.
Sy video hieroor is al meer as 3,1 miljoen keer gekyk.
YouTube is reeds ’n geruime tyd onder druk om sy platform te beveilig, maar hy maak grootliks staat op algoritmes om onvanpaste inhoud te verwyder.
Groot maatskappye, insluitende AT&T, Nestlé en Hasbro het in die afgelope weke van hul advertensies op YouTube onttrek in die lig van die jongste bevindings oor pedofiele op die platform.
Luidens ’n inskrywing op YouTube se korporatiewe blog gaan die kommentaarvelde op video’s van “baie jong kinders” nou van die begin af gesluit wees.
Ons besef dat kommentaar ’n belangrike manier is vir skeppers om met hul gehoor in verbinding te tree, maar ons weet ook dat dit die regte ding is om dit te verwyder en so ons gemeenskap te beskerm.
Die platform het ook reeds die kommentaarveld van etlike miljoene video’s waarin kinders verskyn, gesluit, sê hy.
YouTube sê hy beplan ook om later kommentaar te blok op video’s van ouer kinders wat ook “roofsugtige gedrag” kan uitlok. Dit sluit byvoorbeeld video’s in van kinders wat swem of gimnastiek beoefen.
Die platform gaan kunsmatige intelligensie en algoritmes gebruik om dié tipe inhoud te bespeur.
Intussen het YouTube ook begin om gebruikers wat “enigsins probeer het om kinders leed aan te doen” die platform te verbied.
Dit sluit in gebruikers wat video’s oplaai wat kwansuis veilige inhoud bevat, maar versteek in die middel van die video is grafiese beelde wat kinders dikwels aanraai om hulself seer te maak.
Trouens, enige video wat gevaarlike toertjies wys en ander aanhits om dit ook te probeer, gaan belet word, sê YouTube.
Die skeppers van oorspronklike inhoud op YouTube is bekommerd oor die besluit aangesien die hoeveelheid kommentaar wat ’n video lok, ’n regstreekse impak het op hoeveel keer dit gekyk word.
Hoewel die kommentaar nou afgeskakel gaan word op ’n groot aantal video’s, gaan dit steeds deel vorm van die algoritme wat soortgelyke video’s aan mense aanbeveel.
“Ons besef dat kommentaar ’n belangrike manier is vir skeppers om met hul gehoor in verbinding te tree, maar ons weet ook dat dit die regte ding is om dit te verwyder en so ons gemeenskap te beskerm,” sê YouTube. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie