Ysberg in warm water
Wetenskaplikes hou 'n ysberg dop wat ná 'n tog van sowat 10 000 km oor 18 jaar onlangs in die Suid-Atlantiese Oseaan ingestoot is en na verwagting binnekort gaan smelt.
'n Ysberg sal na verwagting binnekort heeltemal smelt ná dit in September vanjaar die Atlantiese Oseaan ingestoot is en toe letterlik in “warm water” beland het.
Dít nadat dit sowat 10 000 km gereis het.
Hierdie ysberg, genaamd B-15T, het sowat 18 jaar gelede, in Maart 2000, van die Ross-ysbank aan die anderkant van Antarktika losgebreek.
Toe was dit nog deel van 'n reuse-ysberg van 370 km lank en 40 km wyd.
Die B-15T is een van die grootste ysberge wat al ooit deur satelliete waargeneem is om weg te breek.
Daarvandaan het die ysberg teen verskeie ander ysberge gebots en in kleiner stukke opgebreek. Slegs sowat vier stukke van die oorspronklike B-15-ysberg is nog groot genoeg om dopgehou te word.
B-15T is een van die stukke wat ná verskeie botsings geskuif en oorleef het tot dit uiteindelik deur die Weddell-seekolk noordwaarts gestoot is.
Dit het 'n kisvorm aangeneem en is nou in die Atlantiese Oseaan, die plek waarheen ysberge gaan om te “sterf” – soos die proses onlangs deur Nasa in internasionale media beskryf is.
Wetenskaplikes in Suider-Afrika hou ook die ysberg, wat nou sowat 46 km lank en 11 km breed is, met behulp van satelliete noukeurig dop.
Die doel hiervan is om inligting oor die impak van klimaatsverandering in te samel en te deel.
B-15T se reis sal groter bewustheid skep van wat besig is om by Antarktika te gebeur en sal aantoon hoe die hele wêreld uit golwe en strome bestaan, meen kenners.
Intussen het inwoners van Suider-Afrika nog tot 1 Januarie tyd om voorstelle vir 'n “vriendeliker” plaaslike naam vir die ysberg aan LandWater, 'n nieregeringsorganisasie, te maak, hoewel Usnic (US National Ice Center) dit amptelik B-15T gedoop het.
MEER OOR B-15T
LandWater het vroeër vandeesmaand satellietfoto's van die ysberg op hul Facebook-blad gedeel en geskryf in die gees van somer en hitte is dit tyd om te sien wat met 'n ysberg gebeur wanneer dit uit die suidelike oseaangebied gestoot word.
“Die projek gaan die einde van 'n ysberg sien. En ja, dit sal nog 'n rukkie neem, maar in die proses gaan almal meer van ysberge en Antarktika leer,” is geskryf.
LandWater het in reaksie op Republikein se vrae oor B-15T met 'n nuusverklaring gereageer en verduidelik ysberge kry hul name volgens die kwadrant van Antarktika waarbinne hulle losbreek.
“B” kom van 90°W tot 180° in die Amundsen- of Oostelike Ross-see. Die ysberge word deur Usnic gevolg.
B-15 was die oorspronklike ysberg wat láát in Maart 2000 van die Ross-ysbank af weggebreek het.
In Oktober 2005 het B-15 in kleiner stukke opgebreek en B-15T, die een wat ons nou dophou, is 'n nóg kleiner stuk van een van hierdie stukke.
B-15T is tans in die westelike Weddell-see en lê by min of meer 52°38'S en 28°35'W, het LandWater verduidelik.
GLETSER, YSBANK OF YSBERG?
LandWater sê die Ross-ysbank dryf op seewater en is daarom nie 'n gletser nie.
Ysbanke wat op land vorm, word gletsers genoem. Ysberge se name word amptelik deur Usnic aan hulle toegeken.
In dié geval is B-15T die 20ste stuk van die 15de ysberg wat losgebreek het in die Amundsen- of Oostelike Ross-see sedert datarekords in 1976 opgestel is.
Stukke wat losbreek, direk van 'n ysbank of indirek van 'n ysberg af, moet 10 seemyl, oftewel 19 km of langer wees voor 'n amptelike naam daaraan toegeken word.
Om as 'n ysberg geklassifiseer te word, moet 'n blok ys langer as 30 m wees, met 'n oppervlak van ten minste 500 m2.
Kleiner stukkies ysberg, van tussen 100 en 300 m2, staan bekend as “bergstukkies”, en as dit rondom 20 m2 groot is, word dit “bromstukkies” genoem.
WAT LÊ VIR DIE YSBERG VOOR?
B-15T het in September 2018 na die Suid-Atlantiese Oseaan van die Arktiese Oseaan af beweeg en word daarom ook nou aan warmer water blootgestel.
Dit sal na verwagting nog meer noordoos beweeg en sal waarskynlik binne etlike weke, eerder as maande, smelt.
LandWater sê omdat die ysberg relatief groot is, sal dit nog 'n rukkie neem voor dit smelt, en sal dit waarskynlik ook iewers in kleiner stukke opbreek. Deel van hul navorsing is om 'n ontdekkingstog van stapel te stuur om te sien hoe lank dit neem voor die ysberg verdwyn.
LandWater sê die ysberg sal nie so naby aan die land kom dat dit met die blote oog van die Suid-Afrikaanse of Namibiese kus gesien sal kan word nie.
“Na verwagting sal B-15T in die Suid-Atlantiese Oseaan rondkolk en daar smelt. Die water sal té warm raak as dit verder noord beweeg en dan sal dit nóg vinniger smelt.
“Daarom sal dit nie naby Afrika kan kom nie. Dit behoort stadig ooswaarts te skuif met 'n neiging na noordoos,” het LandWater verduidelik.
Die organisasie sê dié is nie die eerste ysberg wat in die Atlantiese Oseaan beland nie.
“Dit gebeur relatief gereeld, met 'n rits kleiner ysberge wat ook in die Suid-Atlantiese Oseaan ronddryf. As hulle egter eers hier beland het, 'leef' hulle relatief kort,” lui die nuusverklaring.
NAVORSINGSDOELWIT
LandWater sê die bestudering van B-15T sal na verwagting nuwe velde van ondersoek vir die wetenskapwêreld ontsluit omdat dit tot nuwe ontdekkings behoort te lei.
Daar is egter nóg 'n rede waarom die ysberg bestudeer word.
“Ons volg die ysberg in die hoop om belangstelling onder mense te prikkel. Dit is iets waaroor die meeste mense gewoonlik nie nadink nie,” het LandWater gesê.
“Só kan meer inligting oor die impak van klimaatsverandering ingesamel en gedeel word. Ernstige goed soos dat gletsers al meer en vinniger smelt, is besig om spesifiek by Antarktika te gebeur. Die meeste mense dra geen kennis hiervan nie.
“Die meeste mense het ook nie 'n idee hoe groot Antarktika is nie. Ons praat van 'n vasteland wat basies die helfte so groot soos Afrika is, wat 98% met ys bedek is. Die ys is gemiddeld 1,9 km dik.
“Ons leef op 'n ongelooflike planeet, met ongelooflike natuurverskynsels waaraan die meeste mense nooit blootgestel word nie.
“Die doel is dus om mense se belangstelling te prikkel om hulle te laat nadink oor dinge wat buite hul onmiddellike wêrelde gebeur.
“Kennis bemagtig en dit behoort mettertyd te help om 'n meer natuur-verantwoordelike samelewing te skep.
“Dit is noodsaaklik dat groter bewustheid hieroor geskep word, want ons betree 'n nuwe wêreld waaroor mense nie genoeg nadink nie, terwyl dit 'n wêreld is wat absoluut elkeen se leefwyse gaan raak,” het LandWater gesê.
inIn B-15T se geval is dié “lewensare” seestrome wat dit meesleur en wind wat dit voortdryf.
PLAASLIKE NAAM
Hoewel die ysberg amptelik deur Usnic 'n naam gegee is, sê LandWater dit maak sin om 'n vriendeliker naam binne 'n gemeenskap toe te ken.
“Ons is ons tans besig om 'n meer persoonlike naam aan B-15T toe te ken en gee mense tot Nuwejaarsdag tyd om voorstelle vir name op ons Facebook-blad te maak.
“Die idee is om eerder 'n Suider-Afrikaanse naam te kies as iets meer universeel, juis om erkenning aan ons plaaslike natuur en kultuur te gee.
“Die idee van 'vriendeliker name' het met die volg van kouefronte ontstaan, wat tipies in die winter aan die westekant van Suid-Amerika begin. Só het LandWater twee kouefronte gevolg en gedoop: 'Phileas Fogg', wat halfpad tussen Suid-Amerika en Nieu-Seeland begin het, en 'Zintle' (isiXhosa vir 'die mooi een'), wat besondere verligting aan veral die Langkloof-omgewing in Suid-Afrika gebied het, maar ook 'n wydverspreide impak gehad het.”
LANDWATER SE ONTSTAAN
LandWater het na aanleiding van die Knysna-brande van 2017 ontstaan. Kort ná die ramp is 'n satellietfoto deur die Europese Ruimte-agentskap se Sentinel-2A-satelliet ontdek, wat om 10:10 op 7 Junie 2017 'n foto geneem het.
Dié foto het die aanloop en verloop van die ramp later die dag treffend vasgevang.
Hierdie foto is toe as 'n terloopse ontdekking op Facebook gedeel, met die verwagting dat enige toekomstige ondersoeke daarvan gebruik sou maak.
Toe die Knysna-munisipaliteit egter met 'n niewetenskaplike verduideliking vir die brande vorendag kom en dit boonop doelbewus as wetenskaplik akkuraat verpak, is LandWater gestig om met behulp van satellietfoto's wetenskaplik akkurate weergawes van voorvalle te bied.
“In die proses het ons besef hoe min kennis mense oor die toepassing asook die sinvolle gebruik van satellietfoto's het wat aardwaarneming betref. Ons het ook ontdek min kennis bestaan oor 'n verantwoordelike leefwyse binne ons natuurlike omgewing.
“Dít is verder bevestig toe die waardevolle Sentinel-2A-satellietfoto ook in ander ondersoeke misgekyk is voor dit deur die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) in Suid-Afrika in hul verslag oor die brande gebruik is.
“LandWater is 'n brug tussen sake, wetenskap en tegnologie en word gedryf deur 'n sterk datawetenskaplike agtergrond, met kruisbestuiwing met grafiese ontwerp en die doeltreffende kommunikasie van idees.
“As inisiatief is dit tans steeds in 'n ontwikkelingsfase, met die doel om solank sinvol by te dra tot 'n meer verantwoordelike leefwyse binne ons natuurlike omgewing.
“Dit word gedoen deur inligting oor interessante onderwerpe te deel, wat mense se belangstelling mag prikkel.”
LandWater sê mense stel baie belang in die weer, moontlik vanweë die feit dat mense in Suider-Afrika in 'n omgewing met waterskaarste woon.
Brande en enige ander natuurrampe wek ook mense se belangstelling.
“Veral as dit by brande kom, is daar ongelukkig geweldige leemtes wat kennis oor rampbestuur, asook rampvoorkoming en persoonlike beveiliging betref.”
Namibië word ook deur LandWater gedek weens die land se natuurlike skoonheid en ook die klimaat.
Namibië is nie net op grondvlak wonderskoon nie, maar ook vanuit die lug.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie