Ysige koue kom Maandag
Die gevaar van swartryp bestaan vir die suidelike dele van die land, terwyl maksimum temperature aanvanklik nie 9°C of 10°C sal oorskry nie.
Elvira Hattingh - Die Namibiese weerkantoor waarsku erge koue toestande onder vriespunt gaan die suide van Namibië Maandag tref voor dit teen Dinsdag oor die Erongo-, Khomas-, Omaheke en Otjozondjupa-streek sal beweeg.
Die gevaar van swart ryp bestaan vir die suidelike dele van die land, terwyl maksimum temperature aanvanklik nie 9°C of 10°C sal oorskry nie. Boere – veral dié in die Suide, word aangeraai om hul kleinvee teen die koue te beskut. Mnr. Richard Nashikaku, senior weervoorspeller, het gister aan Republikein gesê 'n diep afsny-laedrukstelsel tesame met sterk kouefronte is op pad en sal die vasteland by die Wes-Kaap teen Sondag bereik.
“Dit sal yskoue, winderige weerstoestande met swaar reën vir die Kaap bring. “Hierdie aktiewe, koue lug sal teen Maandag die suide van Namibië bereik. In die ||Kharasstreek sal minimum temperature tot rondom vriespunt daal, terwyl die maksimum na verwagting nie 15°C sal oorskry nie,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg die kouefront sal winderige en koue weer bring, met die moontlikheid van ligte reënbuie in die verre suidelike dele van die ||Kharasstreek en plekke naby die Suid-Afrikaanse grens. “Dinsdag sal die kouefront die Erongo-, Khomas-, Omaheke en Otjozondjupastreek bereik. Veral in laagliggende gebiede kan die temperatuur tot onder vriespunt daal. “Die Omahekestreek en Gobabis sal Dinsdag na verwagting kwaai onder die koue deurloop. Minimum temperature van onder vriespunt en maksimum temperature van op die hoogste 20°C sal voorkom.”
Nashikaku sê Dinsdag sal die maksimum temperatuur in Windhoek 19 °C wees. “Die koue toestande sal na verwagting tot Woensdag voortduur, waarna temperature weer sal begin styg soos hitte van die suidelike dele van die land af inbeweeg,” het Nashikaku gesê.
Hy het gesê Namibiërs moet hulself, hul vee en hul kinders warm hou.
Volgens 'n weerberig op Weather Today word twee kouefronte deur 'n kragtige antisikloon veroorsaak, wat 'n geraamde sentrale druk van 1034 hPa het. Suidewinde waai die kouefronte van die sikloon af na suidelike Afrika se binneland. Dit sal na verwagting die noorde van Namibië teen Dinsdag en Woensdag bereik en in die Wes-Kaap sal maksimum temperature tussen 2°C en 10°C wissel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie