Yskoue toestande en ryp word verwag
Koue toestande word tans deur 'n sneeustorm naby Antarktika afgevuur en sal na verwagting vandag sy greep oor Suider-Afrika verstewig.
Elvira Hattingh – Terwyl Namibië se winter dalk nou 'n omdraaipunt gaan bereik, moet yskoue toestande en selfs ryp vanaf môre, in die komende week en tot middel van Augustus oor groot dele van die land verwag word.
Die Namibiese weerkantoor sê koue toestande en ryp sal vandag op plekke in die Suide, sentrale dele en Ooste voorkom, terwyl koue, arktiese lug teen môre meer noordwaarts sal beweeg.
“Kleinvee- en saaiboere moet die nodige voorsorgmaatreëls tref,” word gewaarsku.
Die koue toestande word tans deur 'n sneeustorm naby Antarktika afgevuur en sal na verwagting vandag sy greep oor Suider-Afrika verstewig.
LandWater, 'n nieregeringsorganisasie wat satellietfoto's wetenskaplik ontleed en interpreteer, het die sneeustorm “Valkoinen” gedoop, omdat dit “'n uitgebreide, ysige koue weerimpak sal hê wat oor etlike dae strek, met talle sneeugolwe en ook meer as een frontale lyn, saam met verskeie koue trappe.”
LandWater verduidelik op sy Facebook-blad dié sneeustorm het 'n sentrale lugdruk van laer as 930 hPa. Buiten vir koue toestande, sal dit ook vir baie sterk rukwinde oor Suider-Afrika sorg, met uitgebreide reën en sneeu geanker oor die Wes- en Oos-Kaap. Dit sal ook vir groot seedeinings sorg.
Valkoinen het koue in drie fases aan Suider-Afrika besorg, waarvan die eerste 'n ligter frontale lyn die afgelope Maandag was, wat oor die Kaap ingeskuif het.
Dit is Dinsdag opgevolg deur meer koue wat sterker suid ingedring en reën vir die Kaap gebring het. Die koue wat reeds gister die Wes- en Oos-Kaap binnegedring het, bring swaarder reën en sneeu.
KOUDSTE MAANDE
Mnr. Johan van den Berg, 'n landbouweerkundige-konsultant, sê dit is normaal vir Namibië dat Junie en Julie die koudste maande is, alhoewel hy meen die winter het nou sy “omdraaipunt” bereik.
“Redelike koue toestande word ook nog verwag. Boonop word voorspel dat winterreën ook in Augustus en selfs tot in September kan voorkom. Dit beteken frontale stelsels sal tot dan nog oor Suider-Afrika inbeweeg en koue bring,” verduidelik hy.
“Die huidige winter het egter nie baie koud begin nie en Junie was ook nie te koud nie,” het hy gesê en bygevoeg dat dit die afgelope weke egter erg koud geraak het, met koue weer wat vanaf die suidweste inbeweeg het en ook Namibië beïnvloed het.
Van den Berg sê Junie was ongewoon in die sin dat dagtemperature laer as normaal was, terwyl nagtemperature meer gemiddeld was.
“Redelike koue winters word dikwels geassosieer met goeie somers in terme van reën. Dit bewys die stelsels wat die reën bring is gekoppel aan ons temperature,” het hy bygevoeg.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie