Yslander sidder oor Fishrot-skade
’n Bekende in die Yslandse visbedryf meen die skandaal oor smeergeld in ruil vir viskwotas het 20 jaar se vertrouensverhouding tussen Namibië en dié land verwoes.
Ronelle Rademeyer - ’n Bekende viswetenskaplike van Ysland wat met onafhanklikwording deur Swapo na Namibië genooi is om die visbedryf te help ontwikkel, sê hy sidder oor die skade wat die Fishrot-skandaal aan die twee lande se betrekkinge gedoen het.
“Twintig jaar se vertroue is afgebreek,” meen hy.
Mnr. Vidar Helgason het uit Reykjavik in Ysland vertel hy is al in 1988 deur dr. Hage Geingob namens Swapo gekontak met die doel om hom om as viswetenskaplike na Namibië te bring. Die doel was om met kapasiteitsbou in in ’n onafhanklike Namibië se visbedryf, wat reusepotensiaal gehad het, te kom help.
Hy sê die besluit is in 1989 geneem en hy het in Mei 1990 in Namibië aangekom.
“Ons was ’n span van agt Yslanders wat namens die Yslandse Ontwikkelingsagentskap gekom het. Die kontrak was vir twee jaar, maar ek was uiteindelik langer as drie jaar in Namibië,” het Helgason in ’n telefoniese onderhoud vertel.
Hy sê Ysland het van 1990 tot 2010 ontwikkelingshulp aan Namibië verleen – nie net in die visbedryf nie, maar ook op ander terreine soos onderwys.
“In 2011 het Samherji ingekom – een jaar ná Ysland se ontwikkelingshulp gestaak is. Samherji het op die rug gery van die goeie reputasie wat ons geskep het. En 20 jaar se goeie werk is afgebreek.”
Hy sê hy sidder as hy dink aan die skade wat die vermeende viskwota-korrupsie tussen die Yslandse visrreus Samherji en die gewese minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, en sy medewerkers aangerig is.
Helgason sê dit berokken groot skade aan die goeie beeld wat Ysland in Namibië het danksy sy ontwikkelingshulp oor ’n tydperk van twee dekades.
Hy sê hy was verbaas en geskok toe hy verlede maand op die Yslandse staatsbeheerde televisiediens ’n ondersoekende program oor die skandaal gesien het.
“Dit het destyds tyd geneem om die agterdog teen Ysland uit die weg te ruim toe ons na die land gekom het om met navorsing te help. Namibiërs moes eers besef Ysland is nie hier om iets van hulle te vat nie. En ons het daarin geslaag om ’n goeie beeld te bou en Namibiërs se vertroue te wen,” sê Helgason.
Met onafhanklikwording het die Suid-Afrikaanse kundiges in die visbedryf uit die land onttrek. Dit het ’n vakuum gelaat, sê hy.
Die navorsingskip Benquela is met onafhanklikwording Kaapstad toe teruggestuur. Een van Helgason en sy span se take was om die skip terug te bring en te restoureer sodat dit weer in plaaslike viswaters navorsing kon doen.
“Daar was natuurlik baie ander Yslandse vismaatskappye wat nie korrup was nie en eerlik in die Namibiese viswaters vis gevang het. Daarom is die oorgrote meerderheid mense in Ysland geskok en jammer oor wat gebeur het.
“Daar is ongelukkig ook ‘n klein groep mense in veral die sakewêreld wat regverdiging probeer soek vir wat Samherji gedoen het,” sê Helgason.
“Daar rus ’n groot verantwoordelikheid op die skouers van die Yslandse regering om seker te maak so iets gebeur nie weer nie.”
Volgens hom het drukgroepe Saterdag voor die parlement in Reykjavik vergader om protes aan te teken oor die kwotastelsel in Ysland en op hervormings aan te dring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie