'Ysterbeth' met mening terug
Rugby
Stephen Nell - Voor Saterdag het Eben Etzebeth in 2017 laas vir die Stormers in die Superreeks gespeel en dit het in minder as 'n helfte se rugby gelyk asof hy sy verlore tyd wil inhaal.
Die Springbok-ysterslot se toetrede in die 54ste minuut was straks die bepalende faktor in die Kapenaars se sege van 19-17 oor die Leeus op Nuweland.
In daardie stadium het die Stormers net mooi die momentum in hul guns begin swaai ná 'n ongedissiplineerde eerste helfte. Etzebeth se tasbare fisieke impak was van onskatbare waarde.
Herschel Jantjies se drie diep in bykomende tyd het vir die Stormers uiteindelik die sege gegee wat hulle op die balans van spel net-net verdien het.
“Eben het 'n impak gemaak, maar dit was nie nét hy nie,” het Robbie Fleck, die Stormers se afrigter, gesê.
“Frans Malherbe, wat voor dié wedstryd nog nie vanjaar 'n sekonde se rugby gespeel het nie, het in die eerste helfte goed gespeel. Scarra Ntubeni se impak was ook goed.
“Dis ouens wat vir 'n geruime tyd al by die Westelike Provinsie is en wat saam met Siya Kolisi deur die stelsel gekom het.
“Jy kan Eben se teenwoordigheid aanvoel. Dis wonderlik om te sien hoe 'n ou wat twee jaar laas vir die Stormers gespeel het só 'n groot impak maak nadat hy opgestuur is. Dit wys dat hy omgee en dít was waarskynlik die belangrikste ding.
“Ons het 'n week van yslike druk gehad en ouens het voor 'n toets gestaan met betrekking tot hoeveel hulle vir die span omgee. Ek dink hulle het dit gewys, veral in daardie laaste vyf minute.”
In die eerste helfte was die Stormers se dissipline om die minste te sê skokkend en die Leeus moes meer gedoen het as om hul voordeel in twee verdoelde drieë te omskep.
Puntemakers: Stormers 19 (6): Drie: Herschel Jantjies. Doelskop: SP Marais. Strafdoele: Marais (4). Leeus 17 (14): Drieë: Kwagga Smith, Warren Whiteley. Doelskoppe: Elton Jantjies (2). Strafdoel: Jantjies. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie