Ystermanne en vroue omsingel Hardapdam
Ystermanne en vroue omsingel Hardapdam

Ystermanne en vroue omsingel Hardapdam

MARIENTAL gaan Saterdag by die Hardap-dam en omgewing die poorte na internasionale triathlonroem oopbeur met die aanbieding van een van die heel beste byeenkomste op die vasteland wat al groot name gelok het en boonop vanjaar met 'n splinternuwe borg spog. Die internetreus, MWEB, is die hoofborg van die twintigste triathlon wat op Mariental gehou word.

Dit is 'n reuse-aansporing vir die organiseerders. Een van die hooforganiseerders, me. Marieta Grobler, het gese: "Dit is wonderlik dat 'n groot maatskappy soos MWEB bereid is om die oudste driekampkompetisie in Namibie te ondersteun. Hul borgskap van N$43 000 maak dit moontlik dat ons groot internasionale sterre in die elite-afdeling vir senior mans kan nooi vir deelname.

Daarby het MWEB ook baie ander harte bly gemaak, veral die plaaslike juniors en beginners wat 'n deurbraak in triathlon maak." Die triathlon op Mariental het sedert 1987 aansienlik gegroei en het al groot internasionale sterre gelok. Die wereldbeheerliggaam van triathlon het ook laat weet dat hulle beindruk is met die vordering en groei van die kompetisie. Die mense op Mariental word elke jaar geloof vir puik organisering, hul goeie gesindheid en kranige samewerking. Verlede jaar het twintig internasionale atlete op Mariental meegeding en vanjaar het elf reeds deelname bevestig. Hulle kom uit Suid-Afrika, Zimbabwe, Frankryk, Mauritius en Pole.

Die ystervrou, Claire Kinsley van Suid-Afrika, gaan weer in aksie wees en kyk of sy nog 'n goue medalje op Mariental kan inoes en sodoende haar plek op die internasionale ranglys verbeter. Ander Suid-Afrikaners wat in die 1,5 km swem, 40 km fietsry en 10 km wedloop in die elite-afdeling hul potensiaal gaan blootstel, is Hendrik de Vi1liers, Travis Campbell, Kent Horner, Gerhard de Bruin en Nicolas Sterk. Uit Zimbabwe is dit Chris Selgate wat sy land verteenwoordig. Dan is daar die twee Fransmanne, David Bordi en Medhi Essadiq, terwyl Fabienne St. Louis van Mauritius en Lidia Rekas van Pole ook die moordende roete pak. Die warm weer kan dalk die Pool so effens laat struikel, terwyl dinge vir die Franse ook nie te maklik mag wees nie.

'n Opwindende kampioenskap word verwag en met nog deelnemers wat teen Vrydag sal aanmeld, kan dit die beste triathlon oor die afgelope 20 jaar wees. Die elite-afdeling is vir mans en vroue (20 tot 39). Die juniors moet tussen die ouderdomme 18 en 19 wees. Veterane moet tussen 40 en 49 jaar oud wees, terwyl diegene bo 50 ook geleentheid kry om te wys of die bene nog daardie bulte en heuwels kan klim. Die afstand in die elite-afdeling word in oorleg met die Olimpiese reels en regulasies aangebied. Met die baie buitelanders wat Saterdag in aksie gaan wees, is daar bitter min kans dat 'n plaaslike driekampatleet in die eerste plek sal eindig.

Die enigste Namibier wat oor die afgelope twintigjaar daarin kon slaag om eerste oor die wenstreep te hardloop, is Tokkie Bombosch. Laasgenoemde se sege moet egter 'n uitdaging bied aan plaaslike deelnemers om die internasionale sterre ore aan te sit.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer