Ystermyn by Dordabis neem ’n blaaskans
Nuwe planne vir 2023 gesmee
Augetto Graig – Die ysterertsmyn by Dordabis is nie verlate agtergelaat nie, volgens die eienaar, Lodestone Namibia se hoofbedryfsbeampte, mnr. Daniel Castelyn.
“Ek weet nie hoekom enigiemand so sou dink nie. Ons behou die integriteit van die projek en sy bates. Ons het ’n sterk teenwoordigheid op die perseel and het slegs mynboutoerusting verwyder. Die kontrakteurs wat by die korttermyn-fynyestererts-projek betrokke was, het hul taak voltooi. Hulle moes die vermoë van die logistieke ketting in Namibië bepaal,” sê hy.
Hy het gereageer op navrae wat spruit uit wandelgangstories dat bedrywighede by die myn gestaak is.
Bedrywighede by die myn naby Dordabis is volgens Castelyn sedert middel September gestaak, maar sê hy: “Ons het al ons permanente werknemers behou en al die tydelike kontrakte tot die einde van hul termyn eerbiedig”.
Dus word geen werknemers geraak nie, sê Castelyn.
“Die vraghouerpryse het met 300% gestyg vir die vaartuigklas wat ons vir hierdie fase kon gebruik, wat die netto inkomste op land onvolhoubaar maak vir ystererts. Dit sal nie die geval wees nie met die hoëgraad ysterertskonsentrate wat ons beplan om in die nabye toekoms te vervaardig,” het hy verduidelik.
“Al ons aandag is gefokus op die voltooiing van ’n beleggingsgehalte, bankwaardige lewensvatbaarheidsondersoek vir die uitvoer van een miljoen ton hoë graad yesterertskonsentraat. Ons verwag aanvoerwerk vir die projek sal in die tweede helfte van volgende jaar begin, met ’n lewensduur van 49 jaar vir die myn teen daardie kapasiteit,” het hy gesê.
Hy sê mynbou sal hervat, op ’n groter skaal en met beter volhoubaarheid wanneer die ysterertskonsentraatprojek vroeg in 2023 begin.
“Die myn sal jaarliks tot 3 miljoen ton hoë graad ysterertskonsentraat uitvoer. Dit sal in twee fases bereik word: die eerste is 'n wegspringfase waartydens tot 1 miljoen ton per jaar deur Walvisbaai uitgevoer sal word. In fase 2 word dit verhoog tot 3 miljoen ton per jaar, met verskeie spoor, haween infrastruktuuropgraderings wat hiervoor benodig word,” het Castelyn gesê.
Volgens hom is internasionale markaanvraag baie hoog vir die konsentraat wat hulle beplan om te vervaardig. “Ons het ’n geldige mynboulisensie (ML 182) en voldoen aan al die voorwaardes,” sê hy.
Lodestone Namibia word 100% privaat gefinansier met geen buitelandse skuld nie.
Die direksie bestaan uit die hoofbelegger, mnr. Casten Mosch, mnre. David Hinsley en Johannes Marklin, wat albei voorheen saam met Mosch by Deutsche Bank gewerk het, ’n plaaslike logistieke kenner, mnr. James Grobler, en geoloog Jan Joubert.
– [email protected]
FOTO
Lodestone Namibia het groot planne vir sy ysterertsmyn by Dordabis. Foto Lodestone Namibia

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie