Ystervrou pak wéér die Khanrivier
Agtien jaar nadat 'n Suid-Afrikaanse vrou tydens 'n solo-avontuurwedloop in die Khanrivier verdwaal het, wil sy dié uitdaging weer aanpak.
Francoise Steynberg - "Ek wil graag weer teruggaan.
“Dié keer neem ek darem baie mense en 'n logistieke span saam," sê die avontuurlustige Anette Grobler van Kaapstad.
Grobler het bekendheid in Namibië verwerf nadat sy in 2000 vermis geraak het tydens 'n Namibwoestyn-uitdaagreeks en in 2011 vroualleen met 'n riksja die Skedelkus gestap het.
In Julie gaan Anette sowat 27 stappers, van wie ten minste tien van Namibië afkomstig is, saam met haar 100 km in vyf dae stap. Die voetslaners gaan 20 km per dag aflê en sal heeltemal aangewese wees op 'n logistieke span vir water en kos, asook skuiling saans.
Die staptog skop by die Goanikontes-oase af en maak sowat 40 km vanaf die Spitzkoppe klaar. Anette sien daarna uit om saans onder die sterre te slaap en die ongereptheid van die Khanrivier te geniet.
"Waar ons kan, probeer ons boere en Namibiërs betrek met hulp. Ek is bereid om die boere te betaal waar ons oor sy grond te stap. Vroue van Windhoek maak vir ons kos en 'n plaaslike entrepreneur van Omaruru maak seker dat ons nie verdwaal nie," sê Anette.
"Ek en hy het die Khanrivier in Februarie gery en selfs hy het gese hy kan verstaan dat mens kan verdwaal. Die Khan maak baie draaie en dis maklik om in 'n rivierloop af te loop en aan te neem jy is nog in die Khanrivier. Ek bid en vertrou dat wanneer ek stap, ek weer die presiese plek sal kry waar ek 18 jaar gelede verkeerd gestap het."
Anette verwys na die Namibwoestyn-uitdaagreeks waaraan sy in September 2000 deelgeneem en verdwaal het.
"Ek raak steeds emosioneel wanneer ek dink aan daardie tyd," sê sy.
Anette was op haar dag 'n majoor in die Suid-Afrikaanse weermag en die eerste vrou wat Recce-opleiding ontvang het.
Sy het ook al hoë berge uitgeklim waaronder Kilimanjaro in 2002, Elbrusberg in Rusland in 2006 en berg Aconcagua in Argentinië in 2009. Boonop het sy al tien Argus-fietsrenne agter die blad.
In 2005 het Anette die eerste mens geword wat die onherbergsame stuk woestynkus noord van die Kunenemond alleen aangedurf het. Sy het binne 17 dae meer as 300 km van die Kunene af tot by die kusdorp Namib gestap en gedraf.
Verlede jaar het sy weer die Doodsakker in Angola suksesvol aangedurf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie