Yvonne Chaka Chaka: Ek is lief vir ál my rolle
Die prinses van Afrika maak haar hart oop in ’n hotelkamer.
Denver Kisting – Sy dra verskeie, kleurvolle hoede – dié van sangeres, liedjieskrywer, entrepreneur, filantroop en onderwyser.
Maar, sê sy die afgelope Vrydag in haar hotelkamer aan Kollig, sy verkies nie die een bo die ander nie. “Ek is lief vir hulle almal omdat hulle almal anders is.”
Dis niemand anders nie as die prinses van Afrika, Yvonne Chaka Chaka, wat hier met haar bene uitgestrek op ’n bank sit in die voorhuisie van haar hotelkamer.
Sedert sy ’n klein meisietjie was, was sy vasberade om vir haar ’n anderster toekoms uit te kerf. Oop te sing.
Anders as dié van haar ma, ’n huiswerker. “Ek het in die madam se agterplaas grootgeword. My pa is dood toe ek 11 jaar oud was,” onthou sy.
Dit was veral haar ma, daardie einste madam se huishulp, wat haar van kleins af gedryf het. “My ma was baie slim.”
Hierdie aansporing het Yvonne dikwels gedruk om nét haar beste te lewer. Te alle tye. “Ek was altyd nommer een in die klas.”
Wel, tot op ’n dag in die destydse standerd vier. Daai jaar toe staan Yvonne derde in haar klas. “My ma het my pak gegee en gesê ek wil nie hê jy moet soos ek opeindig nie. ‘Ek wil hê jy moet beter wees as ek’.”
Veral, het haar ma dit in haar ingedril, wou sy nooit hê Yvonne en haar twee sussies moet ooit op ’n man staatmaak nie. “Sy’t gesê: ‘Moet nooit, ooit wil hê iemand anders se kind moet vir jou sorg nie.’”
Tot vandag toe – ná ’n huwelik van 30 jaar – vra sy nie ’n enkele sent by haar haar man, Mandlalele Mhinga, nie. “Ek doen goed vir myself.”
Die egpaar het vier kinders.
En hy steun haar onafhanklike aard, sê Yvonne. “As ek wakker word en sê ek wil New York toe gaan, dan gaan ek. Al wat hy doen, is ondersteuning bied. En is lief vir hom daaroor.”
Kort nadat sy as jong vrou haar eie geld begin verdien het, het sy vir haar ma ’n huis gebou, vertel sy. “En ’n mooi huis – nie ’n regeringshuis nie. Toe koop ek vir my twee susters elkeen ’n kar en toe eers vir myself ’n kar en later ’n huis.”
Haar ma wou so graag hê sy moes ’n prokureur word. Maar nadat sy drie keer met Afrikaans, een keer met geskiedenis en ’n slag met handelsreg ’n bloutjie geloop het, het sy besef: Aikôna, die regte is nie vir haar nie. “Ek het net goed gevaar in Engels en toe sê ek vir haar ek kan nie ’n prokureur wees nie.”
Toe’t sy voordrag, drama en openbare rede gaan swot. Daarna het ’n graad in volwasseonderrig gevolg. Sedertdien was daar geen keer aan dié 54-jarige nie.
KUNS EN KULTUUR SNOER MENSE SAAM
Oor hoe musiek meer gebruik kan word om maatskaplike kwessies te pak, meen Yvonne: “Kuns en kultuur – nie net musiek nie – en sport bring mense bymekaar. Dit maak hulle bewus van maatskaplike en politieke omstandighede.”
Mense in die kreatiewe ruimtes kry dit baie meer reg as politici om daardie bewusmaking te skep, sê sy.
Yvonne sê mensregte gaan daaroor om álmal te omarm. “Dit geld vir my Nigeriese broer of iemand wat gay is. Dit gaan oor die aanvaarding van al die odds. God het geen stiefkinders nie.”
Elke ervaring is vir haar ’n hoogtepunt, sê sy. “Ek het geen spesifieke hoogtepunte nie. Alles wat ek doen, is vir my ’n hoogtepunt. Jy is vandag my hoogtepunt. Dis die klein goedjies, soos die vrou wat vanoggend by jul lughawe haarself aan my voorgestel het en gesê het sy begelei my die naweek.”
Sy gee tog toe toe sy vir Nelson Mandela ontmoet het, was dít ’n hoogtepunt. En die dag toe sy die kletskoningin Oprah Winfrey ontmoet het. En selfs vir koningin Elizabeth II.
Om soggens wakker te word, is vir haar ’n inspirasie.
Sy het Vrydag gehoor een van haar vriende is dood en dit het haar opnuut laat besef hoe kosbaar die lewe is. “Ek kry my energie van God wat my soggens wakker maak. Van die lewe. Hierdie suurstof, jy weet nooit wanneer God dit sal toedraai nie. Dis hoekom ek so vrolik is wanneer ek wakker word, omdat ander nie wakker geword het nie.”
Tydens ’n vorige besoek aan Namibië het dit haar hart gebreek om te sien hoe sommige vroue twee dae moet stap om by ’n hospitaal uit te kom om geboorte te skenk. “En dan raak ek dankbaar. Ek is 54. Ek is nie siek nie. Ek kwyn nie weg nie.”
Yvonne het laas Saterdag die Windhoek Jazzfees aan die brand gesing met nuwe en ou treffers. Duisende Namibiërs wat hulleself op komberse en op kampstoele op die grasperk in die Onafhanklikheidstadion tuisgemaak het, was op hul voete toe sy “Thank you, Mr DJ” en die immergewilde “Umqombothi” gesing het.
Sy het selfs aan haar ontslape vriendin, Brenda Fassie, ’n ander Suid-Afrikaanse ikoon, hulde gebring met “Vulindlela”.
Yvonne was nie die enigste kunstenaar wat haarself oortref het nie.
Garth Taylor het weer eens gewys hoekom talle Namibiërs gek is oor hom. Sy ou treffers, soos “Why”, is luid saamgesing en sy nuwe werke is eweneens goed ontvang.
Dan Shout, die sax-god wat op Oranjemund gebore is en in Kaapstad sy ding doen, was uit die heel boonste rakke.
Hy is die tipe mens wat kan speel wanneer jy jou beminde vra om te trou, op jul verlowingspartytjie én by die bruilof.
Allistaire and the Swingers Dance Band het ook hul staal gewys saam met ander plaaslike talent soos Sean K en die nuweling, Rose Black.
Vusi Nova, die Afro-soul-sensasie van Port Elizabeth, het die aand op ’n hemelhoë noot afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie