Zachary skud roes met vinnigste rondte af
Tydrenne
Tielman van Lill – Die Walvisbaai-motorklub het Saterdag sy Shell Sprint-eendagtydren by Swakopmund aangebied.
Vyftien motors in verskeie klasse, asook drie vierwielmotorfietse (kwads) en sewe veldmotorfietse het aan die verkorte aksie van drie rondtes (9 kilometer) deelgeneem.
Hoewel die byeenkoms nie deel van die Namibiese Motorsportfederasie se nasionale tydrenkampioenskap was nie, het die deelnemers die geleentheid gebruik om behoorlik van die roes ontslae te raak.
Die 21-jarige Zachary Martin en Amanda Hugo in Groenmamba, die J&P Hydraulics 4x4 VW Polo S2000, het briljant gejaag en die vinnigste baanrondte in 5 minute 02 sekondes aangeteken.
Oswaldo Mendes en Carel de Jager in ’n 4x4 Subaru Sti met 5:39 was tweede, terwyl Rolf Pretorius en Bartie Rautenbach se 4x2 Chenowoth Sandmater derde in 6:02 was.
Van die 4x2-deelnemers was Etienne van der Heever en Cecil Koorts die vinnigste (6:10) in sy netjiese voorwielaangedrewe S1-klas Toyota Auris. Van die bakkies het Quinton Liebenberg en Keren Till met sy Land Cruiser die vinnigste tyd (6:25) behaal.
In die kwad-klas het Marthinus Lombard met sy Yamaha Raptor 700 in 5:54 met een sekonde teen Tom Scholtz se Honda TRX 450 in 5:55 koning gekraai. Hugo Arangies was met met sy TRX in 5:58 kort op die voorlopers se hakke.
Robbie Schneider se Honda CFR 450 het met 6:04 teen Ginno Rossi se Yamaha 250 die vinnigste tyd (6:10) aangeteken, terwyl Rossi op sy beurt Tarquin Liebenberg (KTM 300) in 6:21 vir die tweede plek klop.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie