Zambezi-skietery ’n vergryping van menseregte
Die PDM sê hy keer die Namibiese regering se voortgesette noue verhouding met Botswana af, midde die toenemende moorde en terreur teen Namibiërs.
Elvira Hattingh - Namibiese leiers het gister onder skerp kritiek deurgeloop oor hul volgehoue stilswye nadat vier vissermanne, waarvan drie Namibiërs is, Donderdagaand na bewering deur Botswana se weermag doodgeskiet is.
Die mans het tydens die voorval glo onwettig naby die Kasika-nedersetting by Kasane in die Zambezistreek gehengel.
Intussen het die Popular Democratic Movement (PDM) se mnr. McHenry Venaani in ’n ope brief aan pres. Hage Geingob en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, kritiek teenoor die regering se stilswye uitgespreek.
Venaani sê hy keer die Namibiese regering se voortgesette noue verhouding met Botswana af, midde die toenemende moorde en terreur teen Namibiërs wat hierdie land besoek en daar woon.
“Ek eis die hoëkommissariaat van Botswana moet ingeroep word om hierdie verskriklike daad te verduidelik,” het hy bygevoeg en ’n beroep op leiers gedoen om daadwerklike stappe te doen en te luister na die honderde Namibiërs wat pleit vir optrede teen hierdie barbaarse moorde.
“Ons is aandadig aan die geweld en moord, omdat geen deeglike stappe gedoen word om tot die kern van hierdie saak te kom nie.
“Hierdie is ’n ernstige en voortdurende vergryping van menseregte wat ons as regering verdra – en al wat ons doen, is om verklarings uit te reik en te sê sake word ondersoek.
“Alhoewel die onlangse voorval met onwettige hengel naby die Kasika-nedersetting verbind word, sluit dit aan by ’n groter patroon van geteikende aanvalle teen ongewapende burgers van die land, wat nog nie deur ’n hof skuldig bevind is nie.
“Volgens strafregtelike terme is iemand skuldig wanneer ’n hof so beslis en nie sekuriteitsmagte nie,” het Venaani gesê.
Hy beweer dat talle internasionale burgerregte-organisasies ’n drastiese toename in moorde op burgerlikes gedokumenteer het.
“Die Namibiese regering, deur sy ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking sowel as die president, behoort Botswana te konfronteer en hulle vir die moorde verantwoordelik te hou. Baie van hierdie individue was broodwinners en ander is seuns, pa’s en broers. . .” het hy gesê en bygevoeg Namibiërs kan nie langer toekyk hoe ander lande onskuldige Namibiese lewens eis nie.
GESKIEDENIS
Alhoewel die Namibiese polisie teen gister nog nie bykomende inligting oor die voorval kon verskaf nie, het lt.genl. Sebastian Ndeitunga, die inspekteur-generaal, Sondag aan Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, bevestig dat owerhede in die Zambezi- en Chobestreek die saak ondersoek.
’n Familielid van die oorledenes, mnr. George Nchindo, het in ’n video op Twitter ’n beroep op die Namibiese regering gedoen om stappe te doen.
“Ons lewens hang daarvan af en ons vra die Namibiese regering om stappe teen Botswana te doen, want dié is te erg.
“Hulle kan nie aanhou om ons mense so dood te maak nie,” het hy gesê en bygevoeg die slagoffers “wou net gaan visvang”.
“Hulle (Botswana se weermag) was reeds daar; dit was ’n lokval. Hulle was veronderstel om hulle net in hegtenis te neem.”
Namibian Sun berig minstens 30 Namibiërs en 22 Zimbabwiërs is oor die afgelope 20 jaar in Botswana se teenstropingsoperasies dood. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie