Zambezi verwelkom drie u2018skrikkelingeu2019
Zambezi verwelkom drie u2018skrikkelingeu2019

Zambezi verwelkom drie ‘skrikkelinge’

Gerine Hoff
Die staatshospitaal op Katima Mulilo het op 29 Februarie drie skrikkeljaar-babas verwelkom.
Twee meisies is onderskeidelik om 00:07 en 05:23 gebore, terwyl ’n seuntjie net ná 09:00 gebore is.
Volgens die verpleegster aan diens wat met Nampa gesels het, word dié babas in die algemeen “skrikkelinge” (’leaplings’) genoem, omdat hulle op 29 Februarie gebore is.
Babas wat vanjaar op skrikkeldag gebore is, gaan dus tot 2020 vir hul volgende kalender-verjaardag moet wag.
Een van die jong moeders wat met Nampa gesels het, me. Judith Sinvula, het gesê sy het nie geweet haar dogter se geboortedatum is só uniek nie.
Sy het gesê toe sy oor die naweek in die hospitaal opgeneem is, het sy net aan die geboorte van haar baba gedink en daarna uitgesien om vir klein Chaze Maswahu huis toe te neem.
“Ek het nie geweet hoe spesiaal hierdie dag is totdat jy dit vir my gesê het nie. Nou is ek selfs meer gelukkig en geseënd om op só ’n unieke dag geboorte te geskenk het. Ek weet nog nie wanneer gaan ek my dogter se verjaardag volgende jaar vier nie – 28 Februarie of 1 Maart?”
Agt babas (sewe meisies en een seun) is op 28 Februarie in dieselfde hospitaal gebore. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!