Zambië gaan stembus toe
Verkiesingsveldtog deur geweld geteister
Zambiërs het gister gaan stem ná ’n verkiesingsveldtog wat deur “ongekende” geweld geteister is en die land se relatiewe stabiliteit en demokratiese rekord kan bedreig.
Net 18 maande nadat pres. Edgar Lungu in ’n blitsverkiesing naelskraaps gewen het, kom hy en sy hoofopponent, Hakainde Hichilema, weer teen mekaar te staan in ’n wedloop tussen nege kandidate.
In die 2015-verkiesing was die verskil in stemme tussen die twee kandidate slegs 27 757.
Minstens drie mense is tydens die verkiesingsveldtog dood, wat gekenmerk is deur gereelde skermutselinge tussen ondersteuners van Lungu se Patriotic Front (PF) en Hichilema se United Party for National Development (UPND).
Vóór stemdag het die verkiesingskommissie ’n verklaring uitgereik waarin die onrus as “ongekend” beskryf is en gewaarsku is dat dit Zambië se “geskiedkundige rekord van vreedsame verkiesings skade berokken”.
Verlede maand is veldtogvoering vir tien dae in Lusaka afgelas om die geweld te verminder.
Die skermutselinge het egter tot stemdag voortgeduur. Dit het straatgevegte en voertuie wat omgegooi is, ingesluit naby die plek waar Hichilema Woensdag sy laaste vergadering in Lusaka gehou het.
Grondwetlike veranderinge het meegebring dat die wenner nou meer as 50 persent van die stemme op hom of haar moet verenig. Dit kan beteken dat ’n tweede rondte verkiesings binne enkele weke gehou kan word, wat die gevaar vir verdere vyandigheid versterk.
Zambië het sedert onafhanklikwording in 1964 oorlog en ernstige politieke onluste vrygespring.
Die vorige vreedsame oordrag van mag aan ’n opposisiekandidaat was in 2011 toe pres. Michael Sata aan bewind gekom het. Hy is in 2014 oorlede en ná die 2015-verkiesing, het die 59-jarige Lungu die reg gewen om Sata se termyn te voltooi.
Zambiërs het gister gestem om wetgewers en plaaslike raadslede te verkies. Hulle het ook in ’n referendum gestem om die handves van regte te wysig.
Die uitslae word laat vandag en môre verwag. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie