Zambië se hoogste hof sê ja vir kopermyn in Laer Zambezi
Elise Tempelhoff – Die nuus dat die Zambiese hooggeregshof die groen lig aan ’n kopermyn gegee het om in die Laer Zambezi Nasionale Park te begin, het internasionaal skokgolwe deur die toerisme- en bewaringswêreld gestuur.
Die hooggeregshof het dié myn vroeër vandeesmaand goedgekeur op grond van tegniese gebreke in die appèlsaak teen die myn wat gebring is deur verskeie omgewingsorganisasies.
Katerina Ring, ’n Amerikaanse natuurlewe-kunstenaar, het die naweek ’n emosionele pleidooi op haar Facebook-blad gelewer dat “ ’n joernalis” die wêreld moet inlig oor hierdie bedreiging vir een van die wêreld se bekendste natuurreservate.
Die beoogde myn word beplan vir die opvangsgebied van die Zambezirivier reg oorkant die Manapoele Wêrelderfenisgebied.
Div de Villiers, direkteur in die departement van ekonomiese ontwikkeling en omgewingsake in die Oos-Kaap, het op Ring se inskrywing reageer en geskryf die kopermyn word beplan “in die hart van die Laer Zambezi Nasionale Park”.
Hy wys daarop dat geen beskermde of Wêrelderfenisgebied in Afrika veilig voor myn- en landboubedrywighede is nie.
Africa Geographic het verlede week berig die Zambiese hooggeregshof het die omstrede Kangaluwi-oopgroefkopermyn goedgekeur. Die tydskrif berig honderde mense werk in die toeris-mebedryf in die Laer Zambezi Nasionale Park. Verskeie luukse lodges is ook hier. Almal wat in die toerismebedryf werk, is nou onseker van hul toekoms, luidens die berig.
Die Metal Bulletin het vroeër vanjaar berig die waarde van Zambezi Resources se Kangaluwi-projek word geraam op U$494. Die projek is tot stilstand gedwing nadat die Zambiese omgewingsbestuursagentskap, die Forum vir die Zambiese Natuurlike Hulpbronbestuur, die Zambiese netwerk vir klimaatsver-andering, die Green Living Movement en die bewaringstrust vir die opvangsgebied van die Chalimbanarivier appèl aangeteken het teen die projek se oorspronklike regeringsgoedkeuring. Die appellante het teen die goedkeuring van die myn appèl aangeteken weens die ligging daarvan.
Die lisensie vir die beoogde Kangaluwi-myn word gehou deur Mwembeshi Resources (Ltd) en dit is in Doebai geregistreer. Talle waarnemers meen egter ’n Chinese konsortium hou die mynreg.
As ’n appèl teen dié uitspraak nie gou gebring word nie, kan die mynhuis binne dae “inbeweeg, die natuurlike woud begin uitkap en die veld begin skoonmaak”, berig die tydskrif voorts. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie