Zambië se Kaunda sterf
Afrika
Zambië se stigterpresident Kenneth Kaunda het vandag op 97-jarige leeftyd gesterf, het News24 berig.
Kaunda is die afgelope dae vir longontsteking by die Maina Soko militêre hospitaal in die hoofstad Lusaka behandel.
Kaunda was vir 27 jaar die staatshoof van Zambië vanaf 1964, toe die land sy onafhanklikheid Brittanje verkry het, tot in 1991.
Hy was onder die vasteland se laaste oorlewende helde van die vryheidstryd en het hom ook vir die onafhanklikwording van buurlande soos Namibië en Zimbabwe beywer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie