Zambiër vas met ivoor, 81 ietermagôskubbe
Francoise Steynberg - ’n Zambiese man, mnr. Tumone Biemba, is verlede week op Katima Mulilo glo met een olifanttand en 81 ietermagôskubbe vasgetrek.
Volgens die wildmisdaadverslag van 24 tot 30 Augustus van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, was dit die enigste wildmisdaadvoorval.
In die weeklikste misdaadverslag van die Namibiese polisie is die stropery van twee swartrenosters naby Sesfontein gerapporteer.
Die voorval het tussen 24 en 28 Augustus in die Otjomumbonde-omgewing in die Omatendeka-bewaringsgebied in die Etendeka-toerismekonsessie plaasgevind.
“Na bewering is ’n swartrenosterkoei en haar verskalf met ’n onbekende vuurwapen doodgeskiet en hul horings is verwyder,” lui die verslag.
“Die twee renosters is verlede Maandag laas lewend deur lede van die teenstropingseenheid gesien toe hulle op patrollie was. Die karkasse is Vrydag ontdek.
Die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, het aan Republikein bevestig niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die horings is ook nog nie teruggevind nie.
Die polisieondersoek duur voort.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie