Zanu-PF kap uitlating dat ‘weermag sal ingryp’
Omstrede uitlatings deur die Zimbabwiese adjunkminister van finansies het ‘n herrie op sosiale media ontketen.
Die Zimbabwiese regering het hom gedistansieer van ’n adjunkminister wat gesê het die weermag sal nie toelaat dat die opposisieparty regeer indien hy vanjaar se verkiesing wen nie.
Die opmerking is deur Terence Mukupe, adjunkminister van finansies, gemaak. Dit het gelei tot ’n herrie op sosiale media en ’n regeringswoordvoerder het dit beskryf as ’n bedreiging vir nasionale sekuriteit.
In ’n video wat aanlyn vertoon word, kan ’n mens sien hoe Mukupe Maandag op ’n politieke byeenkoms in Harare sê die weermag nie sal toelaat dat die opposisieleier, Nelson Chamisa, die leisels oorneem by pres. Emmerson Mnangagwa indien die opposisie die verkiesing wen nie.
Zimbabwe hou op 22 Augustus ’n algemene verkiesing – die eerste verkiesing sedert die weermag oudpres. Robert Mugabe verlede jaar gedwing het om te bedank.
Constantino Chiwenga, die generaal wat aan die spits van dié veldtog was, het sedertdien die adjunkpresident geword.
“Ons land, gegewe waar ons is en waar ons vandaan kom, benodig ’n volwasse persoon en ’n stewige hand,” het Mukupe op die politieke byeenkoms aan ondersteuners gesê.
“Ons kan eerlikwaar nie sê dat die weermag die land oorgeneem het en die mag van Mugabe weggeneem het om dit vir Chamisa te gee nie,” het hy verder gesê.
Mukupe het nie op enige navrae gereageer nie.
Simon Khaya Moyo, waarnemende minister van inligting, het in ’n verklaring gesê Mukupe se kommentaar verteenwoordig nie die standpunt van die regerende party, Zanu-PF, of die weermag nie.
“Om voor te stel dat ons gerespekteerde sekuriteitsinstellings op ’n eensydige manier op die land se politieke gebeure sal reageer, is ongrondwetlik, roekeloos, onbehoorlik en word heeltemal veroordeel,” het Moyo gesê. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie