ZAR X-app ‘brei toegang tot aandele-verhandeling uit’
William Horne – Die alternatiewe aandelebeurs ZAR X het Dinsdag ’n nuwe app bekend gestel wat Jan en San Alleman in staat stel om regstreeks op hom te belê – met hul slimfoon.
Volgens ZAR X stel dit enigiemand in staat om binne minute met so min as R1 000 te begin belê via hul slimfoon of enige ander internet-gekoppelde toestel in maatskappye wat op ZAR X genoteer is.
Die eerste maatskappy is in 2017 op ZAR X genoteer en drie maatskappye is tans daarop genoteer. Hy bied ’n alternatief tot die JSE waarop kleiner maatskappye kan noteer.
“Die aandelemark in Suid-Afrika is ongelooflik eksklusief, met groot struikelblokke tot deelname. As jy nie derduisende rande het nie, word jou opsies as verbruiker grootliks tot kollektiewe beleggingskemas beperk, wat nie ontwerp is om die ekonomie te ondersteun nie,” het Geoff Cook, direkteur van ZAR X, op die app se bekendstelling verduidelik.
“Wat dan gebeur, is dat kapitaal wat histories van die publiek na die kapitaalmarkte sou vloei, nou net na kollektiewe beleggingskemas vloei. Maar dié fondse is nou so groot dat as hulle in ’n maatskappy wil belê, moet hul beleggings enorm wees om aan die regulasies te voldoen, wat die meeste van ons klein-, mikro- en middelslag-ondernemings (KMMO’s) uitsluit en sonder openbare steun laat.”
Volgens Cook stel ZAR X nie net maatskappye in staat om te noteer as hulle aansienlik kleiner is as wat die JSE toelaat nie, maar maak hy dit ook moontlik om regstreekse steun van die publiek te kry, wat algehele ekonomiese bemagtiging bevorder.
“As jy nie minstens R5 miljard werd is as ’n maatskappy nie, kan jy nie op die JSE noteer nie,” sê Cook.
“By ons kan maatskappye van R200 miljoen noteer.
“Ons reken daar is R700 miljard se kapitaal beskikbaar vir doeltreffende beleggings in die land se kapitaalmarkte wat doodeenvoudig uitgesluit word van deelname.
“Dit hou ons ekonomie en ons burgers ekonomies terug.”
Volgens Etienne Nel, uitvoerende hoof van ZAR X, is die doel van die ZAR X-app dus tweevoudig: Om doeltreffende kleiner maatskappye groter toegang te gee tot beleggings en fondsinsamelings, asook om die Suid-Afrikaanse bevolking in staat te stel om behoorlik deel te neem aan die finansiële markte en ekonomies bemagtig te word.
Dit is maklik om die app te gebruik. Laai dit af op ’n Apple- of Android-toestel en teken as waarnemer of verhandelaar in. Albei opsies is gratis.
As waarnemer kan jy alle data van die beurs bestudeer en genoteerde maatskappye evalueer. As jy wil verhandel, word jy moeiteloos deur die nodige prosesse geneem, wat volgens Cook minder as 30 minute sal duur.
Die grootste deel van die proses word outomaties afgehandel nadat jou basiese besonderhede ingevul is. Al wat jy dan moet doen, is om ’n selfie te neem – en jy is gereed om te verhandel.
Op die app kan jy die waarde van jou portefeulje volg, tesame met regstreekse inligting oor die maatskappye waarin jy belê het, kontantsaldo’s en ope bestellings in die mark. Jy sal ingelig word oor nuwe noterings en nuus oor korporatiewe optrede ontvang.
Dit is ’n heelwat goedkoper opsie om aandele te verhandel. Dis gratis om ’n verhandelingsrekening te open, daar is nie maandelikse rekeninggeld betaalbaar nie en transaksiekoste is laag.
Alle kontantsaldo’s verdien markverwante rente en kan regstreeks uitbetaal word na die gebruiker se persoonlike bankrekening.
Die ZAR X-app is reeds beskikbaar op die Apple App Store en die Google Play Store. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie