Zebras-kolwer teister Wanderers
Krieket
Andrew Poolman – Een van die vinnigste honderdtalle nóg in plaaslike klubkrieket is Sondagoggend op die sementblad van die Doc Jubber-veld in Olympia aangeteken.
Die Zebras, ’n klub wat meestal uit Pakistani-sakemanne in die sentrale deel van die land saamgestel is, se eerste span het in Krieket Namibië se eerste liga (T20) teen Wanderers Platteland (hul derde span, met insette van Mariental) meegeding.
In Sondagoggend se botsing was Waqas Mohammed die uitblinker vir die dag toe hy 100 nie uit nie van net 30 balle gemoker het.
Danksy ’n briljante onoorwonne 179-vennootskap tussen Waqas, wat 14 viere en ses sesse geslaan het, en Asif Shuja (76 nie uit nie, 30 balle, drie viere, nege sesse) het Zebras ná net 9.5 boulbeurte na ’n sege met tien paaltjies gestorm.
Wanderers Platteland het vroeër ’n oënskynlik skaflike 177/5 in sy twintig boulbeurte opgestel. Tiaan Gerber (56 van 37 balle, 3x4 3x6) en Deon Thirion (38 van 26 balle, 3x4 2x6) het flink uit die blokke gekom en hoewel Olivin Glen-Spyron (7) vroeg uitgehardloop is, het Michael Durant (37 van 33 balle) en Floris Steenkamp (22 van 12 balle) ook waardevolle lopies behaal.
Terwyl geen van die arme Wanderers-boulers die stortvloed lopies kon keer nie, het die opponente se Saleem Moh (2/24 in 4 boulbeurte) uitstaande presteer.
TWEE UIT TWEE
In Saterdag se T20-wedstryd was Wanderers II op hul tuisveld in Pionierspark selfs méér vol selfvertroue in hul kanse ná Wessel Myburgh se puik honderdtal (113 van net 62 balle, met 9x4 en 6x6).
Wanderers het inderdaad geen paaltjie verloor nie en het hul twintig boulbeurte op 193/0 voltooi, met Ewald Steenkamp wat ook ’n onoorwonne 67 (60 balle, 6x4 1x6) versamel het in ’n briljante vennootskap.
Die Zebras het egter ook hier die oorhand gekry en met vyf paaltjies staande die wenteiken verbygesteek.
Die Zebras het Ashif Shuja (11) vroeg verloor, maar hierna het Waqas Mohammad (84 van 51 balle, 4x4 7x6) en Mohammed Saleem (76 van 51 balle, 3x4 7x6) met mening ingeklim en met ’n vennootskap van 160 lopies gebaljaar. Hoewel beide uitgehaal is, het hulle die Zebras tot op die rand van die oorwinning ná 19.4 boulbeurte gebring.
In die betreklik ervare Wanderers-bouleenheid het Pieter Rossouw (0/43 in 3 bb) en Hansie de Villiers (0/39 in 4) deurgeloop, terwyl Andrew Forrest (2/15 in 2), Steven Delport (1/2 in 4) en Tommie van der Merwe (1/26 in 4) hul koppe hoog kon hou. JC Balt het 0/33 in 4 behaal, maar vreemd genoeg het hul belowende draaibouler Lu-Hendro de Waal net een boulbeurt afgestuur (0/8).
Wanderers II het in die 2019-2020 seisoen boaan die puntelys in die T20 tweede liga geëindig (28 punte), vier voor die Zebras. Beide spanne is egter in die semifinale uitgeskakel, voordat Gobabis die eindstryd teen CCD Tigers se tweedes beklink het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie