Zeraeua as hoofman ingehuldig
Die inhuldiging van hoofman Manasse Zeraeua van die Zeraeua Tradisionele Owerheid vind op 14 September by Omatjete in die Dâures-kiesafdeling van die Erongostreek plaas.
Dit volg nadat die owerheid se aansoek aan dr. Peya Mushelenga, minister van stedelike en lande ontwikkeling, goedgekeur is. Zeraeua is gevolglik nou die hoofman van die Ovaherero-gemeenskap in die Erongostreek.
“Ons is verheug dat ons uiteindelik ná sewe jaar vir hoofman Manasse Zeraeua kan kroon. Dit is die oomblik waarvoor ons gewag het. Noudat die tyd uiteindelik aangebreek het, is vredeliewende mense in veral die Erongostreek verheug dat ons ‘n leier het,” het die tradisionele owerheid se woordvoerder, mnr. Jeffrey Kavendjii, gesê.
Van die afgevaardigdes wat Zeraeua se inhuldiging sal bywoon, sluit volgens Kavendjii ministers, goewerneurs, tradisionele en geloofsleiers, asook lede van die publiek in.
Die inhuldiging sal ook ‘n kulturele ekspo van tradisionele Ovaherero en ander inheemse kosse, produkte, kunsvlyt en modes insluit. Verskeie tradisionele en Oviritje-optredes deur verskeie bekende plaaslike kunstenaars vorm ook deel van die verrigtinge wat vanaf 13 tot 15 September plaasvind.
“Deel van ons pogings om die Ovaherero en ander inheemse kulturele erfenisse te bewaar en te versterk, sluit in om die kultuurfees ‘n jaarlikse geleentheid te maak wat op ‘n roteerbasis by verskillende nedersettings in die Erongostreek sal plaasvind. Om ons geskiedenis en kultuurerfenis te ken, is belangrik vir die bevestiging van ons ware identiteit as mense,” het Kavendjii gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie