Zeranol-waarheid moet uit
Zeranol-waarheid moet uit

Zeranol-waarheid moet uit

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Namibië se vleisbedryf was lanklaas in so ’n onbenydenswaardige posisie soos nou.
Die produksiekoste-indeks wys veral beesprodusente boer agteruit omdat produsentepryse nie tred hou met stygende uitgawes nie.
Daarom is die sluiting van Meatco se Okapuka-voerkraal drie weke gelede en die verliese van miljoene dollar wat dit meebring, ’n wesentlike krisis wat op die hoogste vlak beredder moet word.
Die direktoraat veeartsenydienste sê hy tree in die beste belang van die bedryf en verbruikers op aangesien zeranol, die semi-sintetiese hormoon wat in die uriene van beeste gevind is, skadelik is.
Die emosionele impak van só ’n boodskap aan verbruikers sonder om die wetenskaplike bewyse van die moontlike gesondheidsgevrae tot op die been te ontleed, kan die bedryf onmeetbare skade berokken.
Meatco het die Ierse biochemikus, dr. Glenn Kennedy, geraadpleeg wat sê die uitslag van die twee urienmonsters wat tot die sluiting gelei het, nie strydig met die Europese Unie (EU) se wetgewing is nie. Hy word as dié internasionale deskundige hieroor beskou.
Wat nou?
Die logiese volgende stap moet tog wees dat veeartsenydienste met die EU se owerheid vir dieregesondheid en voedselveiligheid in gesprek tree.
Laat die partye, met alle moontlike kundigheid tot hul beskikking, die situasie opnuut evalueer.
Produsente, en verbruikers verdien internasionaal aanvaarbare feite en standaarde en nie emosionele aansprake nie.


Netwerk24, 26 September 2016
Geweld in DRK kan regdeur Afrika rimpel
Die implikasies van die gewelddadige proteste verlede week in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) wat die lewe van tientalle mense geëis het, strek tot ver buite die land se grense.
Die geweld het losgebars nadat die land se verkiesingskommissie bekend gemaak het dat hy nie in staat is om vanjaar nog ’n verkiesing te organiseer nie, soos die grondwet vereis. Die vroegste verkiesing is volgens die kommissie glo eers in 2018.
Baie mense vrees dit is ’n foefie van pres. Joseph Kabila om die grondwetlike beperking op twee termyne van vyf jaar elk te omseil.
Toe die DRK in die 1990’s in ’n burgeroorlog weggesink het, het hy die meeste van sy buurlande saam die afgrond in getrek.
Daar is toe selfs gepraat van Afrika se eie wêreldoorlog, waarby lande so ver as Namibië en Zimbabwe betrek is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!