Zillan oorheers Omeya Ope
Gholf
Andrew Poolman - Zillan du Pisani het as lid (en werknemer) van die gasheerklub die kampioentitel ingepalm toe die Windhoek Lager Omeya Ope die afgelope naweek op dié gholfbaan suid van Windhoek aangebied is.
Du Pisani, met ’n voorgee-indeks van +3.9, het onder meer die aanslag van die vorige jaar se wenner Gabriel Shikodi (Windhoek Buiteklub) afgeweer.
Sy bruto telling was 143, wat hom vier houe voor die naaswenner (op uittel) Shikodi geplaas het.
Die 23-jarige Du Pisani het ’n klompie maande gelede na Namibië teruggekeer nadat hy sy skoolloopbaan by Potchefstroom Gimnasium voltooi het en by die Universiteit van Pretoria gestudeer het.
Altesame 64 spelers van klubs oral in die land het meegeding.
Die Omeya Ope-titel se vorige wenners sluit Likius Nande (2017) en Justinus van der Westhuyzen (2016) in.
Die ander kategoriewenners van die 2019 Omeya Ope:
A-afdeling, beste bruto: 1 Edwin Kutara (14, uittel), 2 Cliff du Randt (150).
A-afdeling, beste netto: 1 Cilliers Sachse (141), 2 Morné Engelbrecht (142, uittel).
B-afdeling, beste bruto: 1 Helmut Ndendja (159), 2 Sean van Dyk (165).
B-afdeling, beste netto: 1 Joseph Martin (137), 2 Michael Natangwe (143).
C-afdeling, beste bruto: 1 Len Haasbroek (168), 2 Borris Erasmus (171).
C-afdeling, beste netto: 1 Johan Steyn (141, uittel), 2 Andy Muller (141).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie