Zim bewys hy het kragvoorsiener betaal
William Horne
Zimbabwe het Maandag uiteindelik sy beloofde paaiement van US$10 miljoen aan Eskom betaal, maar Eskom gaan nie summier al die buurland se ligte weer aanskakel nie.
Fortune Chasi, Zimbabwe se energieminister, het Maandagaand op Twitter ’n betalingsbewys vir die US$10 miljoen (sowat R139 miljoen) gedeel om sy landsburgers te paai dat stappe wel gedoen word om hul kragkrisis op te los.
Die probleem is dat dit net ’n fraksie is van die R480 miljoen wat Zimbabwe se staatsbeheerde kragvoorsiener, Zesa, aan Eskom verskuldig is vir die ingevoerde krag.
Eskom sal nou verder met Zimbabwe onderhandel om weer kraguitvoer te vermeerder.
Zesa kry gewoonlik sowat 450 megawatt vanaf Eskom, maar op die oomblik word slegs 50 megawatt verskaf.
“Zimbabwiërs, al het ons nou US$10 miljoen betaal, is dit geen waarborg vir krag nie. Ons moet onderhandel,” het Chasi getwiet.
Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, het Vrydag in ’n verklaring gesê die kragreus sou eers ná betaling terugkeer na die onderhandelingstafel.
“Lede van die publiek skuld US$350 miljoen (aan Zesa). Dit moet betaal word,” het Chasi verder uitgevaar.
Benewens ’n verwoestende droogte wat die Karibadam, waar Zimbabwe se grootste en belangrikste hidroëlektriese opwekker geleë is, amper leeg gelaat het, betaal platsak Zimbabwiërs ook al geruime tyd nie vir hul krag nie.
Chasi het gewaarsku dat dit ’n “regte moontlikheid bly” dat wanbetalers se krag heeltemal afgeskakel sal word.
Dikatso Mothae, adjunkwoordvoerder van Eskom, het by navraag gesê: “Oplossings vir wanbetaling asook regstellende aksie is reeds ingesluit in ons kontrak en sal dus kommersieel behartig word.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie