Zim-boer: Ek is nie verbitterd
‘Bitterheid is soos gifbeker’
Ronelle Rademeyer – Craig Deall kan soos die Deense skrywer Karin Blixen sê: “I had a farm in Africa”. Maar hy kan ook sê: “Now Africa is my farm”.
Dié uitvoerende hoof van Foundations for Farming wat mense in Zimbabwe en elders in Afrika leer boer, was die gasspreker by die Landbouwerkgewers se kongres in Windhoek. As eens suksesvolle lemoenboer het hy soos feitlik al die ander boere in Zimbabwe, sy plaas tydens oudpres. Robert Mugage se grondgrype verloor.
Op die dag van die besetting het hy, ná die bullebakke hom en sy gesin verinneweer het, tussen die twee dronk, vloekende leiers van die groep gaan staan, sy hande op hul skouers gesit en vir hulle gebid.
Hulle aanvallende houding het oombliklik verander. Uiteindelik is die besetters vort en is die Dealls toegelaat om vir nog drie jaar in die plaaswoning aan te bly terwyl hulle plaas in al kleiner stukke onderverdeel is. Toe hulle in 2003 nie meer langer kon uithou nie en in Harare gaan woon het, was dit sonder enige luukses en besittings.
“In die sestigerjare was Rhodesië vanweë tabakproduksie die snelgroeiendste ekonomie in die wêreld. In 2008 was die situasie presies omgekeerd,” sê Deall. Tog kyhk hy nie vandag met enige bitterheid terug nie. “Om bitter te wees, is so goed jy drink ’n beker gif en hoop jou vyand gaan daarvan dood.”
In Zimbabwe wil geen jongmens vandag meer gaan boer nie, want boerdery word met armoede gelyk gestel, sê hy. Dit wek kommer, want boere is die ruggraat van elke nasie.
Die feit dat alles ná grondhervorming in Zimbabwe verval het, is ’n bewys hiervan. Hy het gewaarsku dat Namibiese boere ’n rol hoort te speel in armoedeverligting. Deall sê hy het goed met sy werkers oor die weg gekom, maar besef nou hy het na hulle gekyk as ’n bate wat vir hom geld inbring, sonder om op hul menswees te fokus.
Foundation for Farming leer arm mense om selfversorgend te produseer op ’n klein lappie grond en hul families te voed.
Verder fokus hierdie stigting ook op geenbewerking en om so natuurlik as moontlik te produseer.
Die beginsels wat hulle by mense probeer tuisbring, is om dinge betyds, op ’n hoë standaard en sonder vermorsing te doen. As mense dit doen, is hulle suksesvol, sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie