Zim-boere pleit vir wolkbestuiwing
Zim-boere pleit vir wolkbestuiwing

Zim-boere pleit vir wolkbestuiwing

Boere in Zimbabwe pleit by die regering om wolkbestuiwing toe te pas om die droogte in die land te breek.

Gesaaides verlep en boere wat nog nie gesaai het nie, wag op reën. Beeste se weivelde verdor ook.

Zimbabwe pas al dekades lank wolkbestuiwing toe. Dit behels die verspreiding van hoofsaaklik silwerjodied of koolsuursneeu op wolke deur middel van vuurpyle, gashouers wat met kanonne opwaarts geskiet word, of uit vliegtuie versprei word.

Daar is 24 lande wêreldwyd wat gereeld wolkbestuiwing toepas.

Dit kan gebruik word om reënval te verhoog óf te verlaag. Sommige weerkundiges dink egter nie wolkbestuiwing werk nie.

Mnr. Wonder Chabikwa, president van Zimbabwe se Commercial Farmers Union, sê die land se boere het ’n droogte verwag, maar het nie gedink dit sal so ernstig wees en so vroeg in die seisoen voorkom nie.

Hoewel dit te vroeg is om die uitwerking op oeste te skat, meen hy die regering moet met wolkbestuiwing begin “om die situasie te red”.

Zimbabwe het al verskeie voedseltekorte ervaar sedert die begin van ’n soms gewelddadige program van grondonteiening in 2000. Groot kommersiële plase wat aan wit boere behoort het, is meestal afgevat. Droogtes het die tekorte vererger. Die land is nou ’n netto invoerder van gewasse soos soja, wat as voer gebruik word, asook dikwels koring.

Zimbabwe se weerdiens verwag tot Maart normale tot minder reënval.

Die land maak hoofsaaklik op vogtige lug vanaf die tropiese gebiede naby die ewenaar staat.

“Ons het altyd in die middel van November geplant, maar deesdae plant ons in die middel van Desember omdat die reën later kom,” sê mnr. Shereni Shiri, ’n kleinboer in die Guruve-omgewing in die noorde van Zimbabwe. “Maar om in Januarie te plant? Dit is dwaas om te dink jy sal ’n goeie oes hê, want teen die tyd dat jy moet oes, sal die dae korter wees met te min son.” – Bloomberg, verwerk deur Netwerk24

KASSIE

Waar en hoe word wolkbestuiwing gebruik?

· VSA: Dit word gebruik om die reënval in droë gebiede te verhoog, haelkorrels te verklein, en miswolke by lughawens te verminder.

· China: Dié land het die grootste wolkbestuiwingsprogram ter wêreld. Hulle gebruik vuurpyle, kanonne en vliegtuie om droogtes te versag óf dit te bevorder. Net voor die 2008 Olimpiese Spele in Beijing het die land wolkbestuiwing gebruik om ’n droë Olimpiese seisoen te verseker.

· Duitsland: Burgerlike organisasies pas wolkbestuiwing toe om landbougebiede in verskeie distrikte in die suide van Beiere teen hael te beskerm.

· Hoekom nie in die droë Wes-Kaap nie? Wolkbestuiwing werk nie met frontale weerstelsels soos dié in die Wes-Kaap nie, volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!