Zim kom toets o.19’s
Krieket
’n Nasionale o.19-span van Zimbabwe het Woensdag in die hoofstad aangekom om in ’n reeks van sewe wedstryde teen Namibië se voorste o.19-spelers kragte te meet.
Afrigter Norbert Manyande het ''n paar wenkbroue laat lig met sy stelling dat sy huidige Namibiese junior krieketgroep die potensiaal het om selfs beter as die rekordbrekers van 2016 te presteer.
Manyande se jonges kom vandeesweek in Windhoek teen hul portuurgroep van Zimbabwe te staan wat sewe wedstryde (T20 en eendagwedstryde) op hul toer sal speel. Vir beide die buurlande dien hierdie wedstryde as voorbereiding in die opbou na die volgende o.19-Wêreldbeker wat in 2018 in Nieu-Seeland aangebied word.
Beide lande het reeds vir volgende jaar se skouspel gekwalifiseer – Zimbabwe op grond van sy status as toetsland, en Namibië op grond van sy merkwaardige sewende plek in vanjaar se toernooi in Bangladesj, waar Zane Green en sy jonges onder meer ''n skokoorwinning teen die verdedigende kampioen Suid-Afrika behaal het. Dié prestasie hoort egter tot die verlede en dis tyd vir die nuwe groep (tans meestal onder 17''s) om hul kleim af te steek, het Manyande gesê.
Die eerste T20-wedstryd is reeds gister by Trustco United afgehandel waar die besoekers met tien balle te spaar met sewe paaltjies gewen het. Die tweede T20-botsing vind vanaf 11:00 vandag by dieselfde venue plaas.
Die Namibiese span: Lohan Louwrens (k), Ben Shikongo, Petrus Burger, Albert van der Merwe, Mauritius Ngupita, Eben van Wyk, Jano Dreyer, Gerhard Lottering, Donovan Zealand. Shaun Fouché, Julian le Roux, Jurgen Linde, Nikol Loftie-Eaton en Erich von Mollendorf.
Zimbabwe: Jonathan Connolly (k), Gregory Dollar, Tanunurwa Makoni, Alistar Frost, Milton Shumba (k), Daniel Zvidzai, Kieran Robinson, Liam Roche, Manson Chikowore, Kundai Tigere, Arnols Shara, Declan Oldreive, Dion Mazhawidza, Jayden Schadendorff en Alvin Chirada.
Wedstrydprogram: Vandag om 11:00 by Trustco United (T20), Vrydag om 09:30 by CCD in Pionierspark (eendagwedstryd). Sondag en Maandag om 09:30 by Wanderers (eendagwedstryd). Woensdag en Vrydag om 09:30 by Trustco United (eendagwedstryd).
Die besoekers keer weer op Saterdag 10 Desember na Zimbabwe terug.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie