Zim-kundiges ruk land se sak
In die binnekringe van die ministerie van werke en vervoer word die hoeveelheid geld wat aan buitelanders betaal word, gekritiseer.
Catherine Sasman - Vir 'n land met 'n tekort aan kontant wat nou rommelstatus bereik het, selfs al is dit bevraagteken, is Namibië bereid om buitensporige bedrae vir buitelandse vaardighede te betaal.
Dit het aan die lig gekom dat die ministerie van werke en vervoer maandelikse huurgeld van N$697 130,45 betaal vir 86 Zimbabwiese beroepslui wat landswyd in diens is. Per jaar beloop dit meer as N$8,4 miljoen.
Die totale koste vir die land vir die Zimbabwiese groep is meer as N$55,7 miljoen per jaar. Dit sluit maandelikse vervoerkoste van N$10 miljoen in, terwyl reistoelae reeds by hul pakkette ingesluit is.
In vergelyking hiermee is die totale koste van 36 Namibiese gegradueerdes wat in die ministerie werksaam is, N$10,2 miljoen, en hul vervoerkoste beloop N$258 336.
Hierdie syfers van die ministerie is deur gefrustreerde Namibiese personeellede aan die media laat val.
“Die land spandeer te veel aan ekonomiese vlugtelinge; hulle melk die regering,” het 'n ontevrede bron Dinsdag gesê. Hierdie bron bevraagteken ook die regering se aanstelling van Zimbabwiërs as ingenieurs, argitekte en bourekenaars in die ministerie as hulle skaars werkservaring het.
Dít terwyl daar honderde werklose Namibiese gegradueerdes is.
'n Groep werklose Namibiese ingenieurs, argitekte en bourekenaars dreig nou om die minister, mnr. Alpheus !Naruseb, hof toe te vat oor sy besluit om 29 Zimbabwiërs kwyt te skeld van registrasie by die Namibiese Raad van Argitekte en Bourekenaars.
Honderde werklose Namibiese ingenieurs, argitekte en bourekenaars het ook gesê hulle gaan vandag by die ministerie se hoofkantoor byeenkom met bewyse van hul kwalifikasies om !Naruseb se bewering dat daar nie genoeg gekwalifiseerde Namibiërs is nie, verkeerd te bewys.
Die vyfjaarkontrakte wat met die jong Zimbabwiërs gesluit is, is die gevolg van 'n ooreenkoms wat in 2012 tussen die voormalige Namibiese president, mnr. Hifikepunye Pohamba, en die Zimbabwiese president, mnr. Robert Mugabe, onderteken is.
Die ooreenkoms het reeds verval, maar die Zimbabwiërs en ander buitelanders werk glo hard daaraan om die ministerie te oortuig om dit te verleng.
“Dit is te wagte, want hierdie mense ontgin goud uit staatskoffers,” sê iemand in die binnekring.
“Hier is geen korporatiewe bestuur nie. Dit is 'n varkhok, dit sal nooit skoon kom nie. Buitelanders het nou in die hoof- Namibiese huis ingetrek - Namibiërs woon in die buitegeboue.”
Na bewering is 'n voorstel van binne die ministerie gemaak dat die aanstelling van Zimbabwiese beroepslui gestaak word.
Volgens 'n dokument het die huidige verkrygingstelsel nie die Zimbabwiese groep nodig nie, omdat hulle glo sedert hul koms nog geen projekte voltooi het nie.
Die hoofrede hiervoor is volgens die dokument dat die projekte na streeksrade gedesentraliseer is met 'n perk van N$35 miljoen vir werke en N$20 miljoen vir die voorsiening van goedere.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie