Zim: Moord op wit boere u2013 'Ons sal niemand vervolg'
Zim: Moord op wit boere u2013 'Ons sal niemand vervolg'

Zim: Moord op wit boere – 'Ons sal niemand vervolg'

Geen geregtigheid wag vir wit kommersiële boere wat met hul lewens geboet het sedert Zimbabwe se radikale grondhervormings in 2000 begin het.
Zimbabwiese burgers wat daarvan beskuldig word dat hulle wit kommersiële boere vermoor het, sal nie vervolg word nie, het pres. Robert Mugabe van Zimbabwe na wat berig word, gesê.

Volgens News Day het Mugabe hierdie uitlatings gemaak toe hy ’n skare van duisendes toegespreek het by die National Heroes Acre buite Harare, op die herdenking van Heldedag.

“Ja, daar is van hulle (wit boere) wat vermoor is toe hulle weerstand gebied het. Ons sal nooit diegene vervolg wat hulle doodgemaak het nie. Ek vra: Waarom moet ons hulle in hegtenis neem?” het Mugabe glo gesê.

Luidens die berig is minstens 12 wit kommersiële boere deur vermoedelik Zanu-PF-aktiviste vermoor tydens die snel landbouhervormings wat Mugabe se administrasie in 2000 deurgevoer het.

Duisende wit kommersiële boere en hul werknemers is ook ontheem en sonder ’n bron van inkomste gelos.

Volgens Zimbabwe se Commercial Farmers Union is meer as 4 000 wit boere geraak deur die plaasbesettings wat dikwels gewelddadig was.

Van die wit boere wat van hul grond afgeskop is, het nes geskop in buurlande soos Malawi, Mosambiek en Zambië.

Destyds het Mugabe na berig word, gesê: “Geen geregtelike besluit sal in die pad staan van die manier hoe ons besluit het om grond te bekom nie. Die land is immers ons geboortereg. Dit is ons reg. Dit is ook ons s’n deur stryd.”

Mugabe was in Julie in die nuus toe hy gesê het wit kommersiële boere wat nog op plase woon, moet van hul eiendom verwyder word omdat die meeste Zimbabwiërs grond benodig. Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-01-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 30° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 21° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 21° | 32° Henties Bay: 16° | 19° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 14° | 29° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 29° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 16° | 29° Maseru: 13° | 30° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 21° | 29° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!