Zim nog net dieselfde – kenner
Sedert oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe einde verlede jaar ná byna 37 jaar uit die kussings gelig is, het dié land nog niks gedoen om vertroue en beleggersvertroue te herstel nie.
Sarel van der Walt
Die politieke landskap in Zimbabwe het min verander en die demokrasie het nog verder verskraal, sê prof. Pieter Labuschagne, ’n politieke kenner van Unisa.
Hy meen Suid-Afrika se noordelike buurland is op politieke gebied nou in dieselfde posisie as in 2000 toe oudpres. Robert Mugabe se Zanu-PF die enigste party was.
“Die MDC (Movement for Democratic Change) is ná Morgan Tsvangirai se afsterwe erg verdeeld en daar is ’n kwaai leierskapstryd in die party. Nelson Chamisa, die waarnemende president van die MDC, is in ’n onaangename stryd met van die ander kandidate gewikkel,” sê Labuschagne, wat die gebeure in Zimbabwe fyn dophou.
“Daarenteen het die Zanu-PF, wat in die vorige verkiesing in 2013 amper ’n tweederdemeerderheid behaal het, sedertdien skoonskip in tussenverkiesings gemaak.
“Vir my is die samestelling van pres. Emmerson Mnangagwa se kabinet ’n ‘semi-demokratiese kruising’. Die kabinet bestaan uit geharde Zanu-PF-lede met donker verledes.
“Mnangagwa self het jare lank agter die skerms Mugabe se vergrype goedgekeur.
“Dan is die weermag met kabinetsposte beloon vir die rol wat hy gespeel het in die bloedlose staatsgreep om van Mugabe ontslae te raak.
“Genl. Dominic Chiwenga wat die staatsgreep gelei het, het ’n duister en sinistere verlede,” sê Labuschagne.
“Hy was in 1983 in beheer van die logistiek van die Zimbabwiese weermag ten tyde van die menseslagting in Matabeleland.
“Wat vir my die verabsolutering van die ironie is, is die aanstelling van genl. Perence Shiri, ’n voormalige lugmaghoof, as minister van landbou en landelike ontwikkeling.
“Hy het deelgeneem aan die uitwissing van 20 000 Matabeles en het (Chenjerai) “Hitler” Hunzvi, leier van die Zimbabwiese militêre veterane, gehelp wat boere wreedaardig van hul plase verwyder het,” sê Labuschagne.
Veel meer sal moet gebeur om buitelandse beleggers en boere terug na Zimbabwe toe te lok.
“Mnangagwa is geen Cyril Ramaphosa nie. Veel meer kragdadige optrede is nodig, nie flouerige pogings om boere terug te lok nie.”
Duisende van Tsvangirai se ondersteuners het Dinsdag sy begrafnis in Buhera, sowat 250 km suidoos van Harare, bygewoon. Hy was van 2009 eerste minister in ’n regering van nasionale eenheid.
News24 berig past. Evan Mawarire, ’n menseregteaktivis wat ’n groot rol gespeel het in die betogings teen Mugabe, het vandeesweek die vrees uitgespreek dat die volgende verkiesing ook nie vry en regverdig sal wees nie.
Hy sê dit is ook nog nie seker wat Mnangagwa se houding jeens menseregte is nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie