Zim onder druk teen stoomroller
Rugby
Andrew Poolman - Selfs sonder Theuns Kotzé in sy 23-tal behoort die Namibiese rugbyspan môre opnuut genoeg skietgoed te hê om sy opmars in die Afrikabeker-reeks vir 2017 voort te sit.
Roger Thompson, as waarnemende afrigter vir die wedstryd terwyl Phil Davies in Wallis die troue van sy dogter bywoon, het in oorleg met Davies die besluit geneem dat Kotzé 'n afnaweek verdien voor die groter uitdagings van Uganda en Kenia.
Eugene Jantjies in die nommer 10-trui en sy skrumskakel Damian Stevens hervat dus hul kombinasie as skakelpaar wat laas naweek in die verwoesting van 95-0 teen Senegal eerste opgedraf het.
Waar Kotzé (Namibië se rekord puntemaker in toetsrugby) laas naweek van die bankie af opgestuur is, word dié rol teen Zimbabwe aan die o.20-kaptein Cliven Loubser toevertrou, wat verlede maand sy toetsdebuut met 'n paar minute teen Rusland gemaak het.
'n Gedwonge verandering is op haker, waar Shaun du Preez ingebring word om die geskorste Louis van der Westhuizen se plek te neem. Obert Nortjé bied dekking.
Drie Wêreldbeker-spelers van 2015 maak ook 'n terugkeer. Agtsteman Wian Conradie begin in sy sewende toets vir sy land, hoewel dit net sy tweede in Windhoek sal wees. Hy neem oor by Adriaan Booysen, wat teen Senegal 'n skaflike debuut gemaak het en ook 'n drie gedruk het.
Conradie se skoolvriend Janco Venter sal op die reserwebank gereed sit om die Zimbabwiërs te kom teister. Dié twee losvoorspelers was die afgelope weke beide vir hul universiteitspanne in Suid-Afrika goed op stryk.
Justin Newman maak op buitesenter plek vir die meer ervare JC Greyling, terwyl Gino Wilson weer 'n kans in die 11-trui kry waar Johann Tromp na die reserwes verskuif.
Namibië is die voorloper in vanjaar se reeks. Dit is 'n feit dat Zimbabwe sy enigste wedstryd sover (teen Senegal in Dakar) met 28-16 gewen het, maar dit is nie 'n werklike aanduiding dat afrigter Cyprian Mandenge se groen-en-wittes skielik 'n bedreiging vir hul buurland inhou nie.
Sedert onafhanklikwording in 1990 behou Namibië 'n wurggreep teen Zimbabwe op die rugbyveld. In dertig toetse sedertdien was Zimbabwe net drie keer aan die wenkant en kon dit nog nie in Windhoek regkry nie.
NAMIBIË: 15 Chrysander Botha, 14 Lesley Klim, 13 JC Greyling, 12 Darryl de la Harpe, 11 Gino Wilson, 10 Eugene Jantjies, 9 Damian Stevens, 8 Wian Conradie, 7 Thomasau Forbes, 6 Rohan Kitshoff (kapt), 5 Ruan Ludick, 4 Mahepisa Tjeriko, 3 AJ de Klerk, 2 Shaun du Preez, 1 Casper Viviers.
Reserwes: 16 Obert Nortje, 17 Collen Smith, 18 Desiderius Sethie, 19 Max Katjijeko, 20 Janco Venter, 21 Cliven Loubser, 22 Justin Newman, 23 Johann Tromp
ZIMBABWE (groep): Voorspelers: Denford Mutamangira, Lawrence Cleminson, Irvine Nduwa, David Makanda, Tolerance Zishe, Graham Cochrane, Brian Naude, Jacques Leitao, Fortunate Chipendu, Takudzwa Mandiwanza, Connor Pritchard, Andrew Rose, Njabulo Ndlovu.
Agterspelers: Hilton Mudariki, Tichafara Makwanya, Daniel Capsopoulos, Tendai Nyawata, Ngoni Chibuwe, Stephan Hunduza, Takudzwa Kumadiro, Scott Jones, Tadius Dzandiwandira.
• Die Namibië Rugby-unie het gister aangekondig dat toegang vir skoliere jonger as 18 jaar gratis is (behalwe vir die hoofpawiljoen). In die voorwedstryde vanaf 09:00 speel die laerskoolspanne van Windhoek Gimnasium, Orban, Pionierspark en Suiderhof.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie