Zim-pastoor van ondermyning aangekla
Zim-pastoor van ondermyning aangekla

Zim-pastoor van ondermyning aangekla

Zimbabwiese owerhede het gebruikers van sosiale media gewaarsku oor die verspreiding van foto’s en video’s oor die land se ekonomiese ellendes. Dié vermaning kom nadat ’n vooraanstaande predikant deur die staat aangekla is van ondermyning nadat hy ’n video versprei het.

Past. Evan Mawarire is aangekla oor ’n video waarin hy kla oor die Zimbabwiese ekonomiese situasie en die brandstoftekorte in die hoofstad, Harare.

“Ons het begin ervaar wat in 2008 gebeur het. Die tekorte het begin. In ’n normale nasie moet mense geensins paniekerig word nie. Ons is veronderstel om vrede te hê in ons land,” het Mawarire in die video gesê.

Hy is in hegtenis geneem nadat hy Sondag ’n erediens bygewoon het.

Sy medekampvegters het hulle tot sosiale media gewend om ondersteuning vir die predikant te kry. Hy het bekendheid verwerf vir die #ThisFlag- aanlyn veldtog en sosialemediaveldtog in 2016 wat gelei het tot protesoptrede teen die Zimbabwiese regering.

Ignatius Chombo, Zimbabwiese minister van binnelandse sake, het sosialemediagebruikers Sondag gedreig oor die verspreiding van videos en foto’s van lang toue voertuie om brandstof te bekom en prysstygings in winkels. Volgens hom monitor die regering sosiale media en sal daar opgetree word teen diegene wat vals inhoud op sosiale media versprei. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!