Zim-pastoor vra wêreld se hulp
'n Zimbabwiese pastoor beskuldig in 'n video sy land se regering dat dit geen respek vir die regte van sy mense het nie.
Pastoor Evan Mawarire, wat verlede Woensdag in hegtenis geneem is, het die opname kort voor sy inhegtenisneming gemaak.
“Ek is 'n wetsgehoorsame burger.
Ek het Zimbabwe lief,” sê Mawarire in die video wat aanlyn in Londen gepos is voordat hy Vrydagmiddag in die hof in Harare verskyn het.
“Die video wat jy kyk, is gepos omdat ek na my huis in Zimbabwe teruggekeer het en ongelukkig het ons regering besluit om my in hegtenis te neem.”
In die video is Zimbabwe se nasionale vlag om sy nek gedrapeer. Dit het die simbool van sy #ThisFlag-protesbeweging geword.
Hy word daarvan beskuldig dat hy pres. Robert Mugabe se regering probeer omverwerp en die vlag beledig. Aanklaers gaan dié pa van drie tot 17 Februarie aanhou.
“My inhegtenisneming simboliseer en wys dat ons regering geen respek vir die regte van mense oor die wêreld heen het nie, en in werklikheid word Zimbabwiërs al baie jare op hierdie wyse onderdruk,” sê Mawarire.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie