Zim-president sê Chamisa heul met Mugabe
Dit volg nadat Mugabe Sondagmiddag op 'n mediakonferensie in Harare gesê het hy kan nie meer vir Zanu-PF en vir Mnangagwa stem nie.
Sarel Van Der Walt
Terwyl Zimbabwiërs in rye staan om in die belangwekkende verkiesing in Zimbabwe te stem, het pres. Emmerson Mnangagwa vir Nelson Chamisa, opposisieleier, daarvan beskuldig dat hy kop in een mus met oudpres. Robert Mugabe is.
Dit volg nadat Mugabe Sondagmiddag op 'n mediakonferensie in Harare gesê het hy kan nie meer vir Zanu-PF en vir Mnangagwa stem nie.
Mugabe sê hy kan nie vir 'n party stem wat hom gepynig het nie. Hy het laat deurskemer dat hy dalk vir Chamisa, die leier van die MDC-alliansie, kan stem.
“Dit is baie duidelik dat Chamisa 'n ooreenkoms met Mugabe aangegaan het. Ons kan nie langer glo sy (Chamisa) doel is om Zimbabwe te hervorm en op te bou nie,” sê Mnangagwa, wat in November verlede jaar die presidentskap by Mugabe oorgeneem het.
“Die keuse is duidelik. Jy stem eerder vir Mugabe onder die dekmantel van Chamisa, of jy stem vir 'n nuwe Zimbabwe onder Zanu-PF en my leierskap,” het Mnangagwa in 'n televisieonderhoud gesê.
Chamisa het Sondagmiddag in reaksie op Mugabe se uitlatings op 'n mediakonferensie gesê die stryd tussen Mugabe en Mnangagwa het niks met sy party te make nie.
Hy was op die mediakonferensie ook baie krities teenoor die 94-jarige Mugabe se vrou, Grace.
Die Zimbabwiese verkiesingskommissie het Chamisa intussen by die polisie verkla omdat hy glo die verkiesingsreëls oortree het deur die dag voor die verkiesing 'n verkiesingsbyeenkoms (die mediakonferensie) gehou het.
Die MDC hou vol Chamisa het niks verkeerds gedoen nie.
Chamisa het, toe hy in Harare gaan stem het, aan joernaliste gesê die verkiesingskommissie “ken nie die wet nie”. Hy het die kommissie daarvan beskuldig dat hulle hom aangekla het in Mnangagwa se belang.
“Vandag is 'n wonderlike oomblik vir Zimbabwe. Die mense stem en ek glo hulle sal stem vir verandering en 'n nuwe toekoms. Ons is gereed vir 'n nuwe Zimbabwe. 'n Oorwinning is 'n uitgemaakte saak,” het Chamisa gesê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie