Zimbabwe: Betogings broei ondanks verbod
Zimbabwe: Betogings broei ondanks verbod

Zimbabwe: Betogings broei ondanks verbod

Soldate en weermaghelikopters is saam met die polisie in Bulawayo in Zimbabwe ontplooi om te voorkom dat ’n betoging deur die politieke opposisie Maandag daar gehou kon word.

Dit was ’n magsvertoon om vir die tweede keer in vier dae ’n betoging te voorkom.

Die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) het die betogings teen pres. Emmerson Mnangagwa (76) se regering beoog. Die MDC beskuldig Mnangagwa van ’n outoritêre bewind en sê dié ergste ekonomiese krisis in ’n dekade is sy skuld.

’n Zimbabwiese hof het die polisie se besluit om die opposisie se betogings te verbied bekragtig.

Die MDC wil Dinsdag in kleiner dorpies en stede betoog.

Die party het sy betoging Vrydag in Harare afgelas nadat betogers met knuppels, waterkanonne en traanrook uitmekaargejaag is. Winkels en ondernemings het hul deure gesluit.

“Die wet is duidelik ongrondwetlik en onregverdig maar ons is verplig om dit te gehoorsaam want ons is ’n vreedsame organisasie,” het David Coltart, ’n prokureur van Bulawayo en ’n MDC-senator, gesê.

OPROER EN VERWOESTING

In Januarie vanjaar was daar groot oproer en verwoesting van eiendom in Bulawayo, waarin die weermag meer as 12 mense doodgeskiet het.

Na aanleiding hiervan het Mnangagwa belowe om ’n einde te maak aan die onderdrukkende politieke klimaat wat die regering van sy voorganger, Robert Mugabe, gekenmerk het.

Die protesveldtog van die MDC, wat Dinsdag en Woensdag in ander stede wil betoog, wil Mnangagwa dwing om sy belofte na te kom.

Mnangagwa sukkel ook om die armes te oortuig dat besuinigingsmaatreëls en ander hervormings nodig is om die ekonomie te herstel. Woede laai op oor die inflasie wat oor die 100% is, kragonderbrekings en ’n tekort aan Amerikaanse dollars, brandstof en brood.

Dit herinner mense aan die tyd tien jaar gelede toe hiperinflasie Zimbabwe gedwing het om sy geldeenheid te laat vaar.

Mnangagwa, ’n voormalige assistent van Mugabe, het gesê die ekonomiese probleme is te wyte aan die sanksies wat die Weste twee dekades gelede teen die land ingestel het, wat vererger is deur ’n erge droogte wat die mielieoes gehalveer het.

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het Sondag in Tanzanië vergader en gevra dat alle sanksies dadelik opgehef word om die maatskaplik-ekonomiese herstel te begin.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!