Zimbabwe dank 16 000 stakende verpleu00ebrs af
Zimbabwe dank 16 000 stakende verpleu00ebrs af

Zimbabwe dank 16 000 stakende verpleërs af

Ondanks die bewindsverandering in Zimbabwe is werknemers se omstandighede steeds nie rooskleurig nie.
NAMPA
Zimbabwe sê 16 000 stakende verpleërs is afgedank.

Die nuwe regering probeer arbeidsonluste onder beheer bring in die aanloop tot die eerste verkiesing sedert die val van pres. Robert Mugabe.

Die verpleërs het Maandag uitgestap oor onbetaalde toelae en ander kwessies, en hospitale onderbeman gelaat. Hierdie optrede volg dae nadat junior dokters ‘n maand lange staking oor salarisse en werksomstandighede beëindig het.

Visepresident Constantino Chiwenga het die verpleërs daarvan beskuldig dat hul staking polities gemotiveer is, en sê hulle sal deur afgetrede en werklose personeel vervang word. Die verpleërs se vakbond sê hul lede moet kalm bly en die reaksie van die regering oordink.

Die Zimbabwe Verpleërsvereniging (Zina) sê dit het hul werkgewer, die raad op gesondheidsdienste, tot 14:00 gister gegee om die massa-afdankings terug te trek of regstappe in die gesig te staar.

Chiwenga, ‘n afgetrede weermaggeneraal, wat in November 'n militêre staatsgreep teen Mugabe gelei het, sê Zina het ‘n aanbod van US$17 miljoen om die agterstallige salarisse te betaal, van die hand gewys.

Zina sê die vakbond is oop vir gesprekke met die regering en die vakbondlede se griewe is nog nie uit die weg geruim nie.

“Die regering beskou hierdie gebrek aan berou as polities gemotiveer en dit strek verder as kommer oor werksomstandighede en werkers se welsyn,” het Chiwenga laat Dinsdag gesê.

Hy het nie gesê watter politieke groep hy dink agter die staking is nie.

Mugabe het gereeld opposisiegroepe daarvan beskuldig dat hulle sy regering deur die aanmoediging van stakings probeer ondermyn het. Stakings was kenmerkend van sy 37 jaar lange bewind.

Die Zimbabwe Onderwysersunie, wat ook dreig om volgende maand oor swak salarisse te staak, sê die regering moet sy “onmenslike en eensydige besluit” laat vaar. ‘n Vakbond vir dokters en regsgeleerdes sê die regering se besluit is onwettig.

Pres. Emmerson Mnangagwa, wat Mugabe in November as staatshoof vervang het, sal as kandidaat in die Julie-verkiesing teen ‘n herleefde opposisie, die Movement for Democratic Change (MDC), onder leiding van die 40 jaar oue Nelson Chamisa, te staan kom.

Mnangagwa het beloof om die Suider-Afrikaanse land se ekonomie te laat herleef ná dekades van ernstige wanbestuur. Kontanttekorte beteken dat handelsbanke die bedrae geld beperk wat onttrek kan word. Werkloosheid is hoër as 80 persent en die regering sukkel steeds om werknemers betyds te betaal. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!